Vrae aan GodVoorbeeld
Wat maak die Christendom anders as al die ander godsdienste?
Net een woord: Jesus.
Ja! Dis al. Niks anders om vandag te lees nie. Gaan aan na die volgende dag toe … Grappie. Soort van.
Ek steek soort van die draak omdat Jesus die antwoord op daardie vraag is. Kom ek verduidelik.
Die Christendom is die enigste godsdiens wat vervalsbaar is.
Wat dit beteken is dat die Christendom aanspraak maak dat dit as vals bewys kan word. As daardie bewering vals bewys word, dan is die Christendom as vals bewys.
Wat is daardie bewering? Die bewering is dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. In teenstelling met wat baie mense mag glo, is die Christendom nie op 'n boek gegrond nie. Die Christendom is op 'n gebeurtenis gegrond. Daardie gebeurtenis was die opstanding van Jesus.
Die apostel Paulus verklaar ook self, as Jesus nie werklik uit die dood opgestaan het nie, is al sy prediking nutteloos. Dit is nogal 'n sterk stelling. Paulus sê vir almal, sonder Jesus se opstanding sou daar geen Christendom wees nie.
Gelukkig vir ons as Christene, word die aanspraak wat die Christendom maak, deur betekenisvolle geskiedkundige bewyse gerugsteun.
Weer eens hoef jy nie net vir my te glo nie. Kyk maar net na 'n handjievol feite waaroor deur byna elke enkele geskiedkundige en geleerde saamgestem word as die waarheid:
Minimum Feite:
- Jesus was 'n werklike mens wat deur kruisiging aan 'n Romeinse kruis gesterf het.
- Kort daarna het Jesus se volgelinge ondervindinge gehad waarvan hulle glo dat 'n opgestane Jesus werklik aan hulle verskyn het.
- Weens daardie ondervindinge, het hierdie volgelinge van vreesbevange verander na gewillig om vir hul geloof in Jesus se opstanding te sterf.
- Jesus se boodskap en die Christenkerk het begin net na Jesus doodgemaak is, net waar Jesus doodgemaak is: die stad Jerusalem.
- Jakobus, Jesus se eie broer, was nie aanvanklik 'n Christen nie, maar het na Jesus se dood 'n Christen geword omdat hy geglo het sy broer het werklik uit die dood opgestaan.
- Paulus, wat die grootste gedeelte van die Nuwe Testament geskryf het, het verander van vervolging en doodmaak van Christene na die vestiging van kerke omdat hy 'n ervaring gehad het wat hy geglo het met die opgestane Jesus was.
Wanneer ons na hierdie feite kyk, wat letterlik deur elke geskiedkundige en geleerde as waar aanvaar word, is daar net een verduideliking: Jesus het presies gedoen wat Hy gesê het Hy sou doen. Hy het uit die dood opgestaan.
Wat maak die Christendom anders? Jesus. Jesus is God in menslike gedaante. Jesus is die volmaakte beeld van God. Die God wat deur lyding geopenbaar is. Die God wat na gebroke sondaars soos ek en jy gekom het. Jesus is die grondslag van ons geloof.
Indien die opstanding nie gebeur het nie, dan is die Christendom vals. Indien Jesus wel uit die dood opgestaan het, is die Christendom waar. As die Christendom waar is, verander dit alles.
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit vir God vrae gehad wat veroorsaak het dat jy God self bevraagteken? Indien wel, is jy nie alleen nie. Ons almal (ja, almal) het al op 'n stadium in ons geloofsreis met twyfel geworstel. Ontdek hoe om jou twyfel te verwerk en antwoorde op sommige van jou grootste vrae aan God te ondersoek.
More