Aanbidding is My WapenVoorbeeld

Worship Is My Weapon

DAG 6 VAN 6

Die wêreld is vandag vol onsekerhede.

Ons daaglikse roetines kan drasties verander. Die Covid-19 pandemie het dit baie duidelik gemaak. Terwyl 'n wêreldwye verskynsel posgevat het, het mense desperaat aan een of ander vorm van normaliteit geklou. Hierdie veranderinge het vir baie mense angstigheid en spanning veroorsaak. In sommige gevalle was mense nie eens in staat om kerk toe te gaan nie! Dis soms moeilik om daardie silwer randjie raak te sien en dit is moeilik om 'n positiewe ingesteldheid te behou te midde van soveel onsekerheid.

Wat staan ons te doen?

As gelowiges moet ons doen wat ons altyd doen wanneer ons deur 'n tyd van swaarkry gaan:

AANBID.

Aanbidding is die kragtigste wapen wat ons in ons arsenaal het. Prediking en toepassing van die Woord van God boesem krag in, nie net in jou nie, maar ook in almal wat 'n geopende oor daarvoor het! Aanbidding is ook nie net beperk tot die kerk nie! Ons moet in ons huise aanbid, waar ons sake doen, in ons motors, op pad werk toe en terug en voor ons bed toe gaan. Wanneer die vyand teen ons kom veg, onderwerp ons ons nooit aan hom nie! God het vir ons 'n instrument gegee wat berge verskuif — en dit is aanbidding.

Moenie meer bang wees nie.

Ons weet nie wat môre gaan oplewer nie, maar ons hoef ook nie te weet nie.

Vandag sal ons 'n lewende God aanbid.

'n God wat ons onmeetbaar baie sal seën.

'n God wat weet wat die toekoms inhou, want Hy is die outeur daarvan!

Die vyand het werktuie en skelmstreke wat ons van koers af kan gooi. Twyfel. Angs. Depressie. Hy gebruik al hierdie dinge om ons aandag af te lei en ons te vernietig, maar aanbidding seëvier bo al hierdie dinge.

Aanbidding is jou wapen. Maak seker jou wapen bly skerp en jy sal elke keer oorwin!

- David Villa

As jy graag met David persoonlik wil kontak maak, klik hier om aan te sluit by sy slegs-op-uitnodiging Game Changer-groep op Facebook.

Om ons "Faith Gear"-versameling te besigtig, klik hier 

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Worship Is My Weapon

Ten tyde van uiterste spanning en swaarkry het ons 'n belangrike wapen wat ons sal help om alle teëstand te verslaan: aanbidding! In hierdie 6-dag-leesplan sluit verskeie aanbiddingsleiers by David Villa aan om te bespreek hoe ons hierdie wapen effektief kan gebruik! Aanbidding is ons wapen!

More

Ons wil graag dankie sê vir David Villa wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://davidvilla.me