Aanbidding is My WapenVoorbeeld
Een van die grootste uitdagings wat ons as gelowiges in die gesig staar, is moedeloosheid. Ons raak moedeloos wanneer daar nie aan ons verwagtinge voldoen word nie: die verhouding word beëindig, ons kry nie die bevordering nie, die skool het ons nie aanvaar nie, en die lys gaan aan. Om moedeloos te word, beteken om van moed ontneem te word. 'n Tekort aan moed veroorsaak dat vrees en bekommernis ons verlam. Dit veroorsaak 'n ompad na ons bestemming toe. Ons lewe in 'n plek van oponthoud en beweeg nie vorentoe na God se doel en planne vir ons lewens nie.
Ons kerk was 'n paar jaar gelede in die middel van 'n bouprojek toe die stadsraad ons opdrag gegee het om op te hou. Die bouery was vir ons 'n groot onderneming en dit was dus 'n groot vertraging. Terselfdertyd het my vriendin hul pasgebore baba verloor. Ons was almal verpletter. Gedurende dié tyd het ek gevoel asof my lewe deur moedeloosheid oorgeneem word. Ek het 'n keuse gehad. Ek kon terugsit en dit aanvaar of ek kon dieselfde doen wat Dawid regdeur die Psalms gedoen het. Ek het Dawid se opsie gekies.
Moedeloosheid gaan onvermydelik wees, maar ons het 'n keuse wanneer dit oor ons kom. Wat doen ons wanneer ons moedeloos word? Een van die belangrikste wapens wanneer ons moedeloosheid in die gesig staar, is ook een waarmee Dawid baie goed was — aanbidding. Dawid het geskryf: "Met my hele hart wil ek U prys, Here." Dit is ten tyde van aanbidding wat Dawid volg: "ek [wil] van u magtige reddingsdade vertel" (Psalm 9: 2). Wanneer ons herinner word aan wat God gedoen het, verwyder ons die frustrasie van dit wat ons nié sien gebeur nie. Aanbidding is 'n wapen wat ons in staat stel om te fokus op hoe goed God is, in plaas van op hoe ontmoedigend die lewe kan wees.
Op watter gawes wat ons van God ontvang, kan ons fokus in tye van ontmoediging?
Dawid noem hulle op:
"Wat al my sonde vergewe" – Vergifnis
"Wat al my siekte genees" – Genesing
"Wat my red van die graf" – Verlossing
"en my met liefde en ontferming kroon" – Doel
As jy vandag mismoedigheid in die gesig staar, beveg dan hierdie stryd met die wapen van aanbidding. Loof God vir wat Hy gedoen het en kyk hoe die moedeloosheid in moedigheid verander — jou vrese word geloof en jou angstigheid word vrede. Wanneer ons aanbid, skuif ons fokus van wat nie gebeur nie na wat God alreeds gedoen het.
Pastoor Aaron Burke, Radiant Church, Tampa
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ten tyde van uiterste spanning en swaarkry het ons 'n belangrike wapen wat ons sal help om alle teëstand te verslaan: aanbidding! In hierdie 6-dag-leesplan sluit verskeie aanbiddingsleiers by David Villa aan om te bespreek hoe ons hierdie wapen effektief kan gebruik! Aanbidding is ons wapen!
More