Aanbidding is My WapenVoorbeeld
Ek was vir 36 jaar die pastoor van 'n kerk wat van 32 tot etlike duisende mense gegroei het. Ons was geseënd om ELKE LIEWE DAG vir die laaste vyf jaar 'n nuwe gelowige te kon doop.
Gedurende hierdie jare van groei het ons probleme, teëspoed, ontmoedigende tye, interne en eksterne gevegte en geestelike oorlogvoering ervaar wat ek my nooit sou kon voorstel nie.
Een van die mees bevrydende dae van my lewe gedurende hierdie reis was toe ek die KRAG van geestelike wapens ontdek het.
Die Bybel sê ons is in 'n geestelike stryd gewikkel. Ons is geroep om "soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus" te wees (2 Timoteus 2:3).
Ons is in 'n oorlog tussen goed en kwaad gewikkel.
Die vyand val verskillende areas van ons lewens aan: ons gesondheid, gesinne, verhoudings en geloof.
Daar is meer waarvoor jy te staan kom, as wat te verwagte is.
Die Bybelse woord is "listige aanslag." Ons lees daarvan in Efesiërs 6:11. Dit beteken "'n versigtig uitgedinkte komplot, 'n strategiese plan" van die duiwel. Dit is noodsaaklik om geestelik waaksaam te wees, wetende dat ons in 'n oorlog gewikkel is, bewus van die vyand se taktiek en toegerus vir die stryd met die wapenrusting van God. Efesiërs 6:11-18 beskryf hoe die geestelike wapenrusting van God aangetrek word.
Aanbidding is 'n baie kragtige en effektiewe hulpmiddel om 'n deurbraak te bewerkstellig.
Hier is drie dinge wat die wapen van aanbidding na ons geveg toe bring:
1. Aanbidding herlei ons fokus. In enige gegewe omstandigheid kan ons aanvoel waarop ons fokus. Aanbidding maak die deur na vrede oop wanneer ons 'n onsekere toekoms in die gesig staar.
2. Aanbidding laat die vyand op die vlug slaan. "... Hulle [die sangers] het vooruit geloop in hulle gewyde klere en die Here geloof ..." Josafat se oorwinning het met aanbidding begin (2 Kron. 20:21).
3. Aanbidding is ons getuienis aan die wêreld. In Handelinge 16 lees ons dat Paulus en Silas geslaan, geboei en in die gevangenis gegooi is. Teen middernag het hulle begin aanbid. God stuur toe 'n aardbewing, breek die boeie van elke gevangene en open die tronkdeure vir almal daarbinne. Die gevangenes het daar gebly, want hulle was ooggetuies van die lyding van die twee manne wat steeds vir God geloof het.
"Loof die Here, want Hy kan deur diegene werk wat Hom loof,
loof die HERE, want die boeie wat jou skynbaar steeds bind, val
kragteloos agter jou af wanneer jy Hom loof."
- Dr. Bill Purvis, Bill Purvis Leadership
Aangaande hierdie leesplan
Ten tyde van uiterste spanning en swaarkry het ons 'n belangrike wapen wat ons sal help om alle teëstand te verslaan: aanbidding! In hierdie 6-dag-leesplan sluit verskeie aanbiddingsleiers by David Villa aan om te bespreek hoe ons hierdie wapen effektief kan gebruik! Aanbidding is ons wapen!
More