Leesplan inligting

Aanbidding is My WapenVoorbeeld

Worship Is My Weapon

DAG 1 VAN 6

ONS AANBIDDING NOOI GOD IN DIE OMSTANDIGHEDE IN!



Wanneer ons God aanbid, sal dit ons gees verryk en ons fokus verskuif van die daaglikse moeilikhede wat ons in die gesig staar.



Wanneer ons in die spiraal van angstigheid vasgevang is en die omstandighede wat ons omring onoorkomelik voel, het ons 'n keuse om ons denke op God te rig en op sy goedheid en oppermagtige doel te vertrou. Ons doen dit deur aanbidding, en wanneer ons begin om Hom te aanbid, help die Heilige Gees ons om te herfokus ...



Op sy Woord.



Op sy beloftes.



Op sy plan vir ons lewens.



Dis hoe ek my gevegte stry. Aanbidding is my belangrikste wapen. Wanneer ons aanbid, kyk ons weg van die stryd voor ons en na die God binne-in ons!



Aanbid deur jou bekommernis.



Aanbid deur jou vrees.



Aanbid deur jou spanning.



Aanbid deur jou uitputting.



ONS AANBIDDING BRING 'N DEURBRAAK!



Die vyand wil nie hê jy moet dit besef nie. Hy wil nie hê jy moet IN DIT WAT GOD VIR JOU WIL GEE, INBEWEEG NIE!



Die brandstof vir jou deurbraak is die lug in jou longe — om Jesus te aanbid!



Aanbidding breek mure af.



Aanbidding bring ons nader aan die Vader.



Aanbidding herinner ons aan die rede waarom ons lewe.



Aanbidding bring die hemel.



ONS AANBIDDING VERANDER DIE ATMOSFEER!



God het alreeds vir jou die sleutel gegee om die atmosfeer om jou te verander. Daar is 'n klank in jou gees wat, as dit vrygestel word, die fondamente sal skud en wonderwerke voortbring. Wanneer jy dit ontdek, sal jy begin om Hom te aanbid te midde van enige omstandigheid of situasie.



Die Here woon in die lof van sy volk. Waar regte aanbidding is, daar is God.



Dis onmoontlik om die krag, oorwinning, seën, genesing, bemoediging en besieling te oorskat wat omvat word in hierdie wonderlike geheim om die Here te aanbid.



Rustige Aanbidding



Psalm 46:11 sê: "Bedaar en erken dat Ek God is."



Wat beteken "bedaar"? Die Hebreeus se woord vir "bedaar" beteken om jou greep te los, om jouself swak te maak. Wat 'n bevrydende idee! Ons vind vryheid in ons volkome afhanklikheid van 'n God wat ons nooit sal faal nie.



Jou God is in beheer!



Moenie bekommerd wees nie — aanbid net!



Moenie kla nie — aanbid net!



Moenie skinder nie — aanbid!



Moenie kwaad word nie — aanbid net!



Moenie opgee nie — aanbid net!



Jou Aanbidding Is Jou Wapen!



David Villa


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Worship Is My Weapon

Ten tyde van uiterste spanning en swaarkry het ons 'n belangrike wapen wat ons sal help om alle teëstand te verslaan: aanbidding! In hierdie ses-dag-leesplan sluit verskeie aanbiddingsleiers by David Villa aan om te besp...

More

Ons wil graag dankie sê vir David Villa wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://davidvilla.me

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid