Die Ten Diepste Gevormde LeweVoorbeeld
"Seksuele Volkomenheid"
Van die heel begin af was ons as mense in diepe konflik en vervreem van ons liggame.
God het aan die eerste mense, Adam en Eva, 'n paradys gebied met alles wat hulle nodig gehad het, maar ook met 'n belangrike riglyn of grens in plek: die mens mag nie van die boom van kennis van goed en kwaad se vrugte geëet het nie. Nie lank nie, of die slang het die paartjie verlei en hulle oortuig om van die vrugte te eet. Dié gedrag word gevolg deur een van die mees tragiese verse in die Bybel: "Al twee se oë het oopgegaan en hulle het besef dat hulle naak is. Hulle het vyeblare aaneengeryg en vir hulle lendeskorte gemaak" (Genesis 3:7 AFR20).
Sonde het hulle visie ontwrig, ironies genoeg deur hulle oë oop te maak. Voor dié gebeurtenis het hulle net met God se perfekte visie alles beleef. Nou sien hulle deur sondige, gevalle oë van mense.
Die gevolge gaan vir ewig by die mensdom spook. Selfs vandag, as ons aan ons liggame en seksualiteit dink, is dit baie keer onder die juk van skaamte, spyt, hartseer en woede.
Dit is egter nie die einde van ons verhaal nie. Daar is hoop. God kan met krag en liefde ons vorm na Jesus se ewebeeld. In Hom is ons van slawerny bevry. Ons wonde hoef nie die laaste sê te hê nie. Christus is die oorwinnaar.
In Jesus word 'n nuwe menslikheid aangebied: een wat nie deur die boeie van sonde en skuld gevange gehou word nie, maar wat bevry is om deel te wees van die volheid van God se liefde. Deur daardie enkele aksie in die tuin van Eden is die wêreld in 'n gevaarlike spiraal van sonde geplaas. Met Jesus se koms en sy offer, is die wêreld se toekomsrigting egter vir altyd verander.
Ja, Adam en Eva het agter die boom weggekruip; naak en oorheers deur skaamte. Jesus het egter naak aan 'n boom gehang en skaamte oorwin.
In Jesus het skaamte nie die laaste sê nie. Ons begeertes hoef nie meer in wanorde te wees nie. Ons kan leef in die vryheid wat in sy Naam gevind word.
Seksuele volkomenheid kan met ander se hulp bereik word. Het jou seksuele begeertes in wanorde verval? Vind 'n persoon of groep wat nugter dink. Is jy alleen? Streef om met ander mense te sosialiseer. Is jy getroud? Maak dit 'n gewoonte om sonder voorbehoud met jou eggenoot te kommunikeer wat slegs in intieme seksuele gemeenskap te vinde is.
Aangaande hierdie leesplan
Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.
More