Die Ten Diepste Gevormde LeweVoorbeeld

The Deeply Formed Life

DAG 3 VAN 5

"Innerlike Ondersoek"

Volgehoue innerlike ondersoek is 'n lewenswyse wat die realiteit van ons innerlike wêreld ondersoek sodat ons kan floreer en aan almal liefde betoon. 

Ons moderne leefwyse skop vas teen introspeksie. Meeste van ons dae is strategies en onbewustelik só beplan dat ons nie dieper as die oppervlak kan kyk nie. Ons behoort dikwels ook aan kerkgemeenskappe wat introspeksie se belangrikheid afwater. Ons gebruik God om van God af weg te hardloop, en ons gebruik God om van onsself af weg te hardloop.

In Psalm 139 sien ons die hart van 'n persoon wat 'n rolmodel van diepe introspeksie is: Dawid. Die eerste 14 verse van die psalm handel oor God se kennis van die mensdom, en veral van Dawid. Teen die einde van die psalm kry 'n mens die idee dat Dawid intens bewus was daarvan dat, alhoewel God alles van hom geweet het, Dawid nie alles oor homself geweet het nie. Verwoord as 'n belydenis uit sy diepste wese, skryf hy in verse 23-24 (AFR 20): 

Ondersoek my, o God, en ken my hart; 

toets my, en ken my ontstellende gedagtes. 

Kyk of ek nie op 'n pad van verdriet is nie, 

en lei my op die ewige pad. 

Die meeste van ons wil 'n bewustheid van God ervaar. Daarmee saam moet ons egter 'n bewustheid van onsself hê. Dawid het bevestig dat God alles weet; dus het hy van God 'n openbaring gevra — nie 'n openbaring van God nie, maar van homself. Die ingesteldheid van Dawid se hart was om selfondersoek te doen; om dieper as die oppervlak te kyk. 

In die oordenkings tot dusver het ek beklemtoon dat dit belangrik is om te luister. Op 'n nadenkende manier word ernstig na God geluister. Die pad na versoening verg 'n ernstige luister na mekaar. Innerlike ondersoek is om ernstig na onsself te luister. 

Wanneer ons die Psalms en ander Bybelverse as riglyne vir innerlike ondersoek bestudeer, begin ons sien watter hoë prioriteit aan die ontsluiting van ons innerlike wese toegestaan word en hoe belangrik dit is dat ons dit deel moet maak van wie ons is. Dit is harde werk. In Psalm 139 het Dawid 3 stappe gevolg wat ons gerus kan probeer. Hy het tyd vir innerlike ondersoek gemaak, hy het homself aan God oorgegee, en hy het die moed gehad om homself ook eerlik te ondersoek. Wat van ons?

Vra jouself: Waaroor is ek vies vandag? Hartseer? Bekommerd? Bly? Laat hierdie insig jou in jou gebed lei.

  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Deeply Formed Life

Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.

More

Ons wil graag WaterBrook Multhomah vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/623185/the-deeply-formed-life-by-rich-villodas-foreword-by-pete-scazzero/