Die Ten Diepste Gevormde LeweVoorbeeld

The Deeply Formed Life

DAG 2 VAN 5

"Rasseversoening"

Die stories van rasverwante probleme wat ons hoor en sien, is eindeloos. Of die stories nasionale nuus is of net aan ons bekend is, ons word gereeld met die vernietigende idees en praktyke gekonfronteer wat subtiele en nie-so-subtiele hiërargieë skep waarin die waarde van 'n persoon van sy velkleur afhanklik is. 

Ons is egter nie sonder hulp nie. 

Die kern van die evangelie gaan oor die "regmaak" van alle dinge deur Jesus. In Jesus se dood en opstanding is die wêreld op 'n pad van vernuwing. God nooi ons egter om sáám te werk aan 'n beter toekoms. Ons kan dit egter nie alleen bereik nie, ons moet dit saam as geloofsfamilie deur die krag van die Heilige Gees aanpak. 

Kyk na twee van die dissipels wat Jesus geroep het: Matteus en Simon, die Yweraar (Matteus 10:3-4 NLV). Matteus het vir die regering gewerk en Simon het die regering gehaat. Matteus was 'n tollenaar en Simon was 'n belastingteenstander. Matteus het belasting vir die Romeine ingevorder en Simon het teen die Romeine gerebelleer. Matteus was welaf en Simon was uit die werkersklas. Matteus het sy brood verdien deur voordeel uit mense soos Simon te trek en Simon het geglo hy moet mense soos Matteus doodmaak.

Ten spyte van al die verskille, het Matteus en Simon tog 'n band gehad. Dit het hulle wel iets gekos. Matteus moes kies om op te hou voordeel uit mense soos Simon te trek en Simon moes 'n nuwe standpunt oor opstand inneem. Dit is die wese van Jesus se nuwe familie wat Hy geskep het. 'n Versoeningsgemeenskap gaan altyd iets moet inboet, en in Christus moet ons daardie verskille laat vaar wat ons verdeel. 

Bo en behalwe die oorspronklike twaalf, het Jesus ook vrouens as sy dissipels genooi. Die dissipels se taak was om die nie-Joodse mense van Hom te vertel. Die Heilige Gees het die kerk gelei om hierdie doelwit te bereik en 'n nuwe geloofsfamilie — nie gebaseer op ras of etnisiteit nie, maar op die dood en opstanding van Jesus — te vorm . 

"Daar is nou nie meer Jood of Griek, nie meer slaaf of vryman, nie meer manlik en vroulik nie; want julle almal is één in Christus Jesus!" (Galasiërs 3:28 AFR20).

Ondersoek jou hart vir jou eie betrokkenheid by rasseverdeeldheid, en wy dan tyd aan erkenning, berou en vergifnis.
 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Deeply Formed Life

Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.

More

Ons wil graag WaterBrook Multhomah vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/623185/the-deeply-formed-life-by-rich-villodas-foreword-by-pete-scazzero/