Die Ten Diepste Gevormde LeweVoorbeeld

The Deeply Formed Life

DAG 1 VAN 5

"Weldeurdagte Ritmes"

In hierdie oordenkings gaan vyf waardes ondersoek word wat ons nodig het om diep gevorm te word: (1) Weldeurdagte Ritmes, (2) Rasseversoening, (3) Interne Ondersoek, (4) Seksuele Heelheid, en (5) Teenwoordigheid in ons Missie. 

Eerstens, in die aangesig van vandag se huidige krisis van spoed, afleiding, en oppervlakkige spiritualiteit, moet ons besef daar is 'n manier wat deur die eeue herhaaldelik die toets deurstaan het. Dit is die pad van 'n afgesonderde, maar weldeurdagte lewenstyl.

Die Bybel is vol voorbeelde van mense wat lewens gelei het wat deur afsondering, stilte, en 'n rustige spiritualiteit gekenmerk was. Laat ons vandag na Jesus kyk.

Ons Heer kan nie regtig verstaan word sonder om sy diepe toewyding aan 'n afgesonderde lewenswyse in ag te neem nie. Jesus was gereeld aktief in prediking, genesing, die uitdryf van duiwels en baie meer. Sy lewe sou egter selfweersprekend wees as Hy nie ook lang ure saam met die Vader in stilte en afsondering deurgebring het nie. Ons het goeie rede om aan te voer dat Jesus die lewe kon lei wat Hy het ómdat Hy gereeld so baie tyd met sy Vader in gebed deurgebring het.

Oor en oor in die evangelies weerspiëel Jesus God se krag en Hy bestee baie tyd in gemeenskap met God, van wie al sy krag kom.

Is dit nie waarna jy smag nie? Is jy nie moeg vir die pas van jou lewe wat jou al die prag, vrede en geluk laat miskyk nie? Die pas waarteen ons ons lewens leef, doen ons siele onreg aan. Die innerlike en uiterlike afleidings verminder ons vermoë om God se aktiwiteit binne ons en om ons te sien en te waardeer.

Tog is God vasberade om ons te herskep. Hy is nie net daar om ons lewenskwaliteit te verbeter nie; Hy wil ons lewens vul met sý lewe. Elke dag beweeg Hy nader aan ons deur sy liefde, deur uit te reik, ons te soek en by ons te pleit om aandag aan Hom te gee. Dit is die wese van weldeurdagte ritmes — die doel van 'n afgesonderde lewenstyl. 

Ons moet oop wees vir God se manier van bestaan; ons moet ons lewenstyl verander of verlaat en dit op 'n ander wyse aanpak. Soos die apostel Paulus gesê het: "... Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word ..." (Galasiërs 5:16). 

Sonder jouself af in 'n stil plek vir ten minste een uur en bring die tyd deur in stilgebed en luister na wat God vir jou sê.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Deeply Formed Life

Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.

More

Ons wil graag WaterBrook Multhomah vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/623185/the-deeply-formed-life-by-rich-villodas-foreword-by-pete-scazzero/