Die Ten Diepste Gevormde LeweVoorbeeld

The Deeply Formed Life

DAG 5 VAN 5

“Teenwoordigheid in ons Missie”

Skriflesing: Matteus 28:16-20; Handelinge 1:8; 2 Korintiërs 5:11-21

Ons effektiefste strategie om die wêreld te bereik vir Christus is gegrond op die tipe mense waarin ons omvorm word. Die kwaliteit van ons teenwoordigheid is ons missie. Die goeie nuus is dat Jesus nie van ons verwag om perfek te wees voordat Hy ons nooi om deel van dié missie te wees nie. Inteendeel, as ons 'perfek' is, diskwalifiseer dit ons daarvan om Jesus se vennoot op hierdie missie te wees. 

Wanneer jy jou Bybel lees, sal jy oor en oor lees dat God nie perfekte mense roep nie. God se missie is om gebroke, bang, onbelangrike, pessimistiese, vertwyfelende mense soos ek en jy te roep. Kyk net na Jesus se eerste dissipels. 

Toe Jesus in hegtenis geneem en gekruisig is, het sy dissipels Hom almal verlaat. Hy is alleen gelos om te ly en te sterf. Na sy dood, begrafnis en opstanding het die dissipels hulle in 'n kamer toegesluit en uit vrees vir hul lewens weggekruip. Die dissipels het Jesus in die steek gelaat. Hulle het Hom verloën. Wie sou hiérdie mense in hulle span wou hê? Die antwoord is dat nét Jesus sulke mense in sy span sal verwelkom. 

Jesus het teruggekeer na die dissipels wat Hom verlaat het en, in stede daarvan om hulle foute uit te wys, het Hy hulle op 'n missie gestuur. Toe Hy hulle van aangesig tot aangesig gesien het, het Hy gesê: "... 'Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.' Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: 'Ontvang die Heilige Gees!'" (Johannes 20:21-22 AFR20). 

Selfs al maak jy foute, presteer nie en kan net nie jou lewe agtermekaar kry nie, kom Jesus na jou toe en sê: "Ek wil jou hê, Ek roep jou en Ek stuur jou." Jesus ken jou probleme, jou verslawing, jou bagasie en jou mislukkings en, ten spyte van dit alles, nooi Hy jou uit om deel van sy missie te wees. 

Wat is die mense óm jou se grootste nood? Hoe kan jy vir hulle soos Christus in hulle diepste nood wees?


Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Leer meer hier

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Deeply Formed Life

Pastoor Rich Villodas van New York definieer 'n diep gevormde lewe as 'n lewe gekenmerk deur integrasie, aansluitingspunte, ineendraaiing en deurwewing asook veelvuldige vlakke van geestelike vorming. Hierdie tipe lewe roep ons om mense te wees wat ons lewens saam met God op gebed skoei, wat beweeg na versoening, wat werk vir geregtigheid, wat innerlik gesond lewe en ons liggame en seksualiteit as geskenke sien om te bestuur.

More

Ons wil graag WaterBrook Multhomah vir hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/623185/the-deeply-formed-life-by-rich-villodas-foreword-by-pete-scazzero/