Verwag GodVoorbeeld
As ons God verwag, moet ons tog seker nie verbaas wees wanneer Hy dan opdaag nie, nè? Wat is jou verwagting?
In die Skrif sê God dat, as ons wil hê Hy moet ons gebede beantwoord, ons 'n antwoord moet verwag.
In die Bybel is Dawid se verse met verwagting gevul. Hy skryf: "U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag" (Psalm 5:4). In Psalm 27:14 dring Dawid by ons aan: "Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!"
Baie van die psalms begin met die psalmdigter wat in desperaatheid en wanhoop tot God roep. Teen die einde van die psalm, prys en dank die skrywer die Here by voorbaat vir alles wat Hy vir hom gaan doen.
Wat gebeur dan in die verse tussen-in? Die psalmdigter kies die verwagting dat God namens hom sal optree. Deur 'n wilsbesluit neem hy 'n dapper standpunt van afwagting in.
Ons vind 'n goeie voorbeeld hiervan in Psalm 42:10-11:
"My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand? Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: 'En waar is jou God nou?'”
Tog, die volgende en laaste vers sê: "Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God!"
As jy in verwagting bid, sal God dit eer. Om 'n houding van afwagting te hê, sal 'n vrede en vreugde in ons harte voortbring wat ons nie andersins sou hê nie. 'n Teenmiddel vir vrees en wanhoop is dus om te verwag dat God namens jou sal optree.
Wat verwag jy van God? Wat verwag jy dat Hy in jou lewe sal doen? As God jou in die verlede van siekte genees het, dink jy nie dat Hy dit weer sal doen nie?
God is goed en getrou, dus verwag ek sy goedheid en getrouheid. Sy Woord sê dat Hy ons nooit sal verlaat of in die steek laat nie, dus verwag ek dat Hy daar sal wees vir my.
Waaroor droom jy? Waarvoor bid jy? Waarvoor glo jy? Moenie nou moed verloor nie. Hou aan om te droom! Hou aan om te bid en te glo! Verwag God en laat hoop jou vul!
As jy hierdie leesplan geniet het, moedig ek jou aan om dieper te delf in my nuwe boek Expect God: What To Do When Your Problem is Hiding Your Promise.
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe is vol onverwagte reise, beide goed en sleg. Al is dit in die goeie tye maklik om God te sien, kan dit uitdagend wees om te midde van tragedie en onmoontlike omstandighede aan hoop vas te hou. Word bemagtig om te bly glo in die Een wat die onmoontlike doen. Wanneer jy 'n ontmoeting met God in jou donkerste uur verwag, sal Hy met bonatuurlike antwoorde verlossing bring van dit wat hopeloos lyk!
More