Verwag GodVoorbeeld
Een aspek daarvan om met verwagting te glo, is om op die belofte te konsentreer, nie die omstandigheid nie, wat soms makliker gesê is as gedaan. Ons sien 'n ontsagwekkende voorbeeld van geloof in die lewe van Abraham, die vader van ons geloof. Aan Abraham is 'n seun belowe, asook dat hy die vader van nasies sou word. Tog het die jare verbygegaan sonder die seun en sonder die nasies.
Wat het Abraham gedoen? Die Skrif vertel ons dat hy van geloof tot geloof gegaan het, wat beteken dat sy geloof al hoe meer gegroei het en hy dus van heerlikheid tot heerlikheid gegaan het.
Hoe groei ons al hoe meer in ons geloof? Volgens Romeine 4:20, word ons geloof versterk deur God te eer. Die Boodskap stel dit so: "Abraham se geloof was die kragbron van sy lewe. Hy het God se hand styf vasgehou en aangehou om Hom te eer." Abraham het die belofte ontvang dat hy 'n seun sou kry en die vader van nasies sou word. Tog het die jare verbygegaan sonder dat die belofte vervul is. Dus het Abraham jaar na jaar gesê: "Ek moet God meer eer." In elke vlak van sy wagperiode, het hy sy uitdrukking van eer vermeerder. Daarom het hy van heerlikheid tot heerlikheid gegaan en het sy geloof al hoe sterker geword, totdat ons in Hebreërs 6:15 lees: "En so het Abraham dan, nadat hy geduldig gewag het, gekry wat aan hom beloof is."
Wat gebeur wanneer jy glo? Die God van hoop vul jou met vreugde en vrede. Jy wag dalk nog vir jou omstandigheid om te verander, vir 'n verhouding wat moet heel, vir genesing in jou of 'n geliefde se liggaam. Dalk wag jy vir 'n deurbraak in jou finansies of jou werksomstandighede.
Ek gaan voort om te glo dat GROOT wonderwerke sal gebeur, al is dit so maklik vir twyfel om in te sluip en menslike redenasies om in die pad te kom staan. God sê egter: "Glo." Haal God se waarheid aan oor enige omstandigheid wat jou ook al in die gesig staar. Ek hou so baie daarvan dat ek 'n God dien wat my nie net aanmoedig om te glo nie, maar ook dat my geloof so groot soos berge sal wees!
Aangaande hierdie leesplan
Die lewe is vol onverwagte reise, beide goed en sleg. Al is dit in die goeie tye maklik om God te sien, kan dit uitdagend wees om te midde van tragedie en onmoontlike omstandighede aan hoop vas te hou. Word bemagtig om te bly glo in die Een wat die onmoontlike doen. Wanneer jy 'n ontmoeting met God in jou donkerste uur verwag, sal Hy met bonatuurlike antwoorde verlossing bring van dit wat hopeloos lyk!
More