Verwag GodVoorbeeld

Expect God

DAG 5 VAN 7

 

Ek het geleer dat die goedheid van God nie op my huidige omstandighede gebaseer is nie. Daar is beide goeie en slegte tye in ons lewens. Die lewe is vol teenstellings. Ons gaan oor berge en deur valleie. Net so gaan ons deur tye van suksesse en mislukkings. Ons ervaar oorwinnings en ly verliese. Tog kan heeltemal niks die feit verander dat God goed is nie. 

In my donkerste pyn het God my ontmoet en aan my hoop gegee. God is by magte om die slegste dinge, op die regte tyd, om te keer en dit ten goede te gebruik vir die doel waarvoor Hy Hom voorgeneem het.

Ek het deur tye van lyding gegaan en vir seker nie veel skoonheid daarin gesien nie, maar toe God se doel na 'n paar jaar verwesenlik is, is die ware skoonheid van die ondervinding geopenbaar.

Dink maar aan Josef in die boek Genesis. Sy broers het hom as 'n slaaf verkoop, hy is in Egipte gedwing om die werk van 'n dienaar te verrig en is weens 'n kwaadwillige leuen in die tronk gegooi.
Dit lyk na 'n lelike, hopelose prentjie! Tog was God aan die werk en uiteindelik is die skoonheid van die hele prentjie onthul. Josef kon vir sy broers sê: "Julle het dit vir my ten kwade bedoel, maar God het dit ten goede bedoel." God het van Josef se ervarings, op sy eie tyd, iets moois gemaak.

Dink aan Stefanus, die eerste Christen martelaar. Sy vyande het leuens oor hom vertel en vals getuienisse teen hom in die hof gebring. 

Terwyl Stefanus hulle van Christus probeer vertel het, het hulle hom uit die stad gesleep en gestenig. Wat 'n aaklige toneel — daardie hatige gepeupel wat 'n onskuldige man met klippe bestook het. Op sy tyd het God daarvan iets moois gemaak, want as gevolg van Stefanus se blinkende gesig, is Saulus van Tarsus gered en het hy die groot apostel Paulus geword.

Wanneer jy binne God se wil is, ongeag hoe donker jou omstandighede mag lyk, onthou dan: God het 'n plan, God het 'n doel en op sy tyd sal God alles mooi maak.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Expect God

Die lewe is vol onverwagte reise, beide goed en sleg. Al is dit in die goeie tye maklik om God te sien, kan dit uitdagend wees om te midde van tragedie en onmoontlike omstandighede aan hoop vas te hou. Word bemagtig om te bly glo in die Een wat die onmoontlike doen. Wanneer jy 'n ontmoeting met God in jou donkerste uur verwag, sal Hy met bonatuurlike antwoorde verlossing bring van dit wat hopeloos lyk!

More

Ons wil graag vir Rachel Shafer Ministeries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle vir verdere inligting by http://www.rachelshafer.com