Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld
Om Te Luister Kan Moeilik Wees
Om te luister is nie iets wat ons doelbewus doen nie, want dit is aangebore — oftewel ons dink so! Baie keer verwar ons egter luister met reageer. Met ander woorde, ons luister om te kan reageer. Ongelukkig is die teenoorgestelde waar as ons op hierdie manier luister, want die oomblik wanneer ons begin om 'n antwoord te formuleer, hou ons op om aandag te gee aan wat gesê word, en ons fokus verskuif dan na wat ons beplan om te antwoord.
Die woordeboek se definisie van luister is om "aandag te gee aan iemand of iets met die doel om te hoor wat gesê word." Die doel om te luister, is dus om iets te begryp. Dit is nie om 'n argument te wen, 'n agenda te bevorder, verhewe te klink, of selfs insig te bied nie. Die boek Spreuke vertel ons dat om te luister, ons help om meer te leer, nuwe perspektief te kry en ons sfeer van kennis te verbreed.
Dus, die volgende keer wanneer iemand met jou praat, neem kennis van wat in jou gedagtewêreld gebeur. Is jy besig om 'n antwoord te formuleer, of let jy op na wat die persoon probeer sê? As jou aandag afgedwaal het, stop en maak 'n aantekening in jou geheue om aktief te luister. Luister sal 'n groot verskil maak in jou verhoudinge en jou begrip van die wêreld.
Shannon Morrison
South Oklahoma City Kampus Span
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More