Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 6 VAN 22

Skryf Jou Verhaal

Het jy al ooit gewens dat jy jou lewensverhaal kon oorskryf? Ek het.

Vir 'n lang tyd het ek die verhouding tussen my en my pa gehaat. Ons het deur 'n tydperk van skeiding gegaan, een waarop ek nie trots is nie, maar wat baie nodige genesing gebring het. Ongelukkig is ons eers herenig as gevolg van 'n hartseer diagnose dat hy kanker het. Ek het 'n man dopgehou wat fisiek so verswak het, maar terselfdertyd geestelik soveel sterker geword het as wat ek hom nog ooit vantevore gesien het. Toe hy die laaste twee jaar van sy lewe deur chemoterapie, eksperimentele medikasie en gereelde hospitaalbesoeke gegaan het, het hy nogtans van liefde gestraal.

Ons laat dikwels toe dat ons omstandighede en vorige besluite bepaal wie ons is of wie ons dink ons moet wees. Die Bybel vertel ons egter iets anders. God kan beter hoofstukke vir ons lewensverhale skryf as wat ons ooit kan doen. In Christus is ons 'n nuwe skepping!

In plaas daarvan om aan soveel seer en spyt vas te hou, het my pa gefokus op vergifnis en lewe. Hy het gekies om herstel en lewe te bring aan die mense om hom, selfs toe sy eie lewe afdraand geloop het.

Die dae lyk dalk lank, maar die jare gaan so vinnig verby. Hou jy vas aan dinge wat jou hart verhard? Jou verhaal is nog besig om geskryf te word. Jy kan kies hoe dit eindig!

Jennifer Kordos
Menslike Hulpbronne Span

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church