Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld
Gryp Die Stilte Aan
Sagaria was 'n Joodse priester wat met Elisabet getroud was. Hulle was beide nogal oud en het ongelukkig geen kinders gehad nie. Eendag het die engel Gabriël aan Sagaria verskyn en hom meegedeel dat sy vrou 'n baba gaan hê wat hy Johannes moet noem. Daar was 'n groot roeping vir hierdie kind se lewe.
Laat dit 'n bietjie insink. 'n Sigbare engel het hierdie boodskap aan Sagaria kom aflewer. Hier volg die verstommende gedeelte: na die engel se wonderlike nuus van Elisabet wat 'n seun gaan hê en al die wonderlike dinge wat hierdie kind in sy lewe sou doen, het Sagaria nog steeds — ten aanskoue van die engel — getwyfel of dit waar kon wees!
As gevolg van Sagaria se twyfel, is iets van hom weggeneem wat hy nodig gehad het: sy stem. Miskien het God geweet as Sagaria sy twyfel uitspreek, hy Elisabet se geloof sou ontmoedig oor wat God gaan doen.
Was daar al ooit iets wat jy nodig gehad het, begeer het of liefgehad het wat van jou af weggeneem is? Dink jy dat God dalk iets vir jou probeer leer het deur daardie ding te verwyder?
Hierdie tydperk waarin jy is mag dalk ongemaklik wees, maar onthou dit is tydelik. God het Sagaria se stem weer teruggegee. Dit was nooit verlore nie. Gryp jou stilte aan en glo dat God altyd sy beloftes nakom.
Ashlie Little
Owasso Kampus Span
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More