Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 10 VAN 22

Verandering van Planne

Ek het op die ouderdom van 18 jaar groot planne vir my lewe gehad. Ek sou die huis verlaat, universiteit toe gaan en my drome nastreef. Alles het so perfek gelyk, maar 'n paar maande voordat ek sou matrikuleer, het ek uitgevind dat ek swanger is.

Ek het glad nie getwyfel dat ek hierdie kindjie se mamma wou wees nie, maar dit het gevoel of my wêreld in skerwe gebreek het. Ek het so hard gewerk om my doelwitte te bereik, en nou het dit onbereikbaar voorgekom. Volgens statistieke sou ek nie universiteit toe gaan nie, eerder nog 'n baba hê voor ek 20 jaar oud word, en dat ons altyd in armoede sou leef. Op daardie tydstip het dit gevoel ek is vir mislukking bestem en my geleentheid om iets vir God te doen, was verby.

Ek weet nou dat God nie omgee oor statistieke nie. Toe ek sy genade aanvaar en ook myself vergewe het, het ek God sien beweeg op maniere wat ek nooit gedink het moontlik was nie! Ek het 'n werk gekry en beurse om verder te studeer. My ouers het my steeds liefgehad, my ondersteun en my aangemoedig om my doelwitte te bereik — en dis nie al nie! Ek het 'n dogtertjie gekry wat 'n groot seën vir my en my familie was, 'n wonderlike man wat haar liefhet soos sy eie kind, ons familie het gegroei en ons het selfs pleegouers vir ander kinders geword — en ek werk in die bediening!

Ek was oortuig dat God my nie kan gebruik nie, maar sy planne is altyd beter as ons s'n. God het waarlik my lewe teruggebring van 'n plek wat vir my na die einde van die wêreld gelyk het — en dit gebruik tot sy verheerliking!

Taylor Ketron
YouVersion Span

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church