Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 13 VAN 22

Ondenkbare Genade

Soms bring 'n nuwe tydperk in mens se lewe 'n nuwe begrip van 'n bekende vers. Dit het met my gebeur met Romeine 5:8 toe ons verlede jaar as pleegouers begin het.

Hierdie kind, gebroke en hartseer, het al my toegeneentheid en aandag geverg en my dan in die oë gekyk en laat verstaan dat dit nie genoeg was nie. Intussen ontvang my biologiese seun en dogter net 'n klein deeltjie van my ouerskap, ontvang hulle die oorskiet van my tyd en sê nog vir my: "Pa, alles is reg."

Ek weet hulle jok vir my. Die een jok om sy eie hart te beskerm. Die ander twee jok om mý hart te beskerm. Dit laat my terselfdertyd woedend en hartseer voel. Met die een hand wil ek hom nader trek en liefhê, maar met die ander hand wil ek hom ver genoeg wegstoot sodat hy nie meer seer kan kry nie.

Maar, dit is nie sy skuld nie. Hy is gebroke. Verpletter.

Jy haal diep asem, hou dit in, en asem stadig uit deur geklemde tande en trane wat oor jou wange loop en belowe hom: "Ek sal jou liefhê selfs al is jy in stukkies. Jy hoef nie heel te wees nie."

Dan besef jy dat dit nie jy is wat hom so liefhet nie, maar eerder Christus deur jou. Dan trek jy hom nader.

Jon Mays
Suid Oklahoma City Kampus Span

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church