Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 4 VAN 22

'n Voorbeeld Gebed

Die uitvoerige besonderhede van 'n motor se model help ons om te sien hoe die ware Jakob sou lyk, net op 'n baie kleiner skaal. In 'n chemiese klas help die model van 'n vergrote atoom met protone, neutrone en elektrone ons om iets groter te ontdek as wat ons andersins ooit sou kon sien.

Die voorbeeld wat Jesus vir ons as gebed in die Ons Vader gee, doen beide. Met slegs 'n paar verse, word die besonderhede saamgevoeg wat ons na 'n groter gebed lei — 'n raamwerk vir meer as wat ons kan vra, dink of ons kan voorstel. Net soos met die atoom, vind ons dat Hy meer aan ons wil onthul wanneer ons elke vers ondersoek. Interessant genoeg, vind ons dat die manier hoe hierdie gebed gestel word, eintlik die naaste is wat ons daaraan kan kom om God te vra wat om in ons lewens te doen, terwyl ons terselfdertyd die hoogste respek aan Hom bewys.

Wanneer ons met oortuiging bid, stem ons saam met wat God alreeds vir ons wil hê! God wil aanbid word. Hy wil hê ons moet saam met Hom sy werk doen. Hy wil vir ons voorsien, ons vergewe en beskerm.

Greg Gackle
Church to Church Span

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church