Onvolmaakte OuerskapVoorbeeld
Leer Jou Kinders Ken
Die meeste van ons het formele onderrig ontvang. Miskien het ons matriek geskryf, 'n voorgraadse diploma of nagraadse studies aan 'n universiteit voltooi, of miskien het jy “in-diens opleiding” ontvang wat jou in jou beroep ondersteun. Wanneer ons strewe is om opvoedkundige inligting te bekom, maak dit ons baie kundig in 'n spesifieke vakgebied.
Wat dink jy sal die resultaat wees as ons dieselfde dryfkrag in ons ouerskap toepas? Gestel ons leer ons kinders só goed ken dat ons hulle kan “... leer wat hulle moet doen en wat hulle nie moet doen nie, soos die Here wil hê” (Efesiërs 6:4 ABA). Dit sal onthul wat hulle dryfkrag gee, wat hulle harte breek, wat hulle motiveer en wat hulle geliefd laat voel. Dit is die moeite werd, ongeag hoe oud jou kinders is. Hier volg 'n paar voorstelle om jou daarmee te help:
Ontdek hul persoonlikheidstipes
Daar is baie maniere om vas te stel watter soort geaardheid 'n persoon het. Van boeke en vraelyste wat iemand se persoonlikheid vasstel tot dié wat sterkpunte identifiseer. Is jou kinders ekstroverte of introverte? Hou hulle van struktuur? Raak hulle gevoelens maklik gekwes? Hierdie dinge etiketteer nie jou kinders nie, maar help jou om te verstaan hoe hulle op die lewe en in verhoudings reageer. Moenie toelaat dat enige van hierdie hulpmiddels jou kinders definieer nie, maar laat dit jou help om hulle beter te verstaan.
Ontdek hul geestelike gawes
Elke volgeling van Jesus het ten minste een geestelike gawe. Ons ontvang dit van die Heilige Gees volgens sy wil. Ja, dit beteken selfs jou baba of vyfjarige kind het minstens een. Jy het moontlik al karaktereienskappe waargeneem wat sekere gawes aandui. God bepaal hierdie gawes, maar as ouers kan ons 'n rol speel om dit te help ontwikkel, want “... namate hy 'n genadegawe ontvang het, [moet hy] die ander dien” (1 Petrus 4:10).
Ontdek hul liefdestaal
Gary Chapman is die skrywer van "The Five Love Languages". Chapman beweer in hierdie boek dat ons verhoudings sal versterk wanneer ons leer hoe om liefde te gee en te ontvang. 'n Opvolg op dié boek is "The Five Love Languages of Children", wat ouers leer hoe om hulle kinders se liefdestaal te praat. Albei boeke bied soveel wysheid en insig, en sal ons help om te ontdek wat die beste manier is om teenoor ons kinders op te tree sodat hulle ons liefde sal ervaar.
Om jou kinders te leer ken, gaan jou nie die perfekte ouer maak nie, maar jy sal wel groei in julle verhoudings en die begrip van hulle geaardhede. Kies dus vandag om in jou persoonlike kennis van jou kinders te belê deur tyd saam deur te bring, hulle te leer ken en voor jy jou oë uitvee is jy dr. Ma en dr. Pa.
Aangaande hierdie leesplan
Die druk wat ons op onsself plaas om perfekte ouers te wees is genoeg om vir ons slapelose nagte te gee. Ons dink ons moet die beste ouers wees en dit maak ons angstig om te dink ons kan moontlik ons kinders se ondergang beteken. Gelukkig is God ons hemelse Vader en Hy sal ons lei hoe om hier op aarde ouers te wees. In hierdie 6-dag leesplan, gaan ons waardevolle aspekte behandel wat ons as ouers kan implementeer.
More