Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 2 VAN 44

Welkom by ons studie van die boek Handelinge! Ons is dankbaar dat jy by ons aangesluit het vir hierdie studie en dit is ons gebed dat hierdie studie jou verhouding met ons hemelse Vader sal versterk en jou geestelik sal laat groei.

Hier by "Love God Greatly" Afrikaans, gebruik ons die SOAP metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken S.O.A.P.?

S – Die S staan vir "Scripture" — jy skryf die teksverse neer — jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy woord, deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O – Die O staan vir "Observation" — wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A – Die A staan vir "Application" — dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P – Die P staan vir "Prayer". Bid God se Woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.

 

Memoriseervers 

Ons begin elke week met 'n memoriseervers. God se Woord is kragtig. Kom ons memoriseer dit doelbewus.

Memoriseervers — Week 1:

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/