Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
Van buite na binne
Meestal wanneer ek vroeg opstaan om 'n sonsopkoms af te neem, berou ek dadelik my besluit. Ek is moeg. Ek is buierig. Al wat ek wil doen, is om weer in die bed terug te klim en op te krul. Wanneer ek egter op 'n toneel afkom soos hierdie naby Geelong, Australië … gee ek nie langer om of dit koud is of dat ek moeg is nie. Die resultaat van my aksies verander my denke.
Dit is wat die skrywer, A.J. Jacobs, bedoel het toe hy gesê het: "… 'n groot deel daarvan om geestelik te lewe beteken om op te staan en dinge te doen. Daar is geen twyfel dat gedagtes wat goed deurgedink is jou gedrag kan verander nie. Dit is egter 'n tweerigtingstraat. Weldeurdagte gedrag kan ook jou gedagtes verander. Dikwels begin ons gedaanteverwisseling uiterlik en werk na die innerlike toe."
Vandag kan jou geloof iets wees wat jy innerlik glo, of dit kan iets wees wat jy uiterlik doen. Wanneer jou geloof in God se belofte van redding in jou optrede reflekteer, sal die resultate mooier wees as enige sonsopkoms.
[Klik hier om by die BibleInPhotos gemeenskap aan te sluit en daaglikse oordenkings te ontvang]
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.
More