Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
Geloof kom deur te hoor
Wanneer ek ook al die kans kry om ontsagwekkende plekke soos hierdie te fotografeer en die skoonheid van die skepping sien, kan ek myself nie keer om vir God te vertel hoe asemrowend sy skepping is nie. Hoe meer ek hardop met God praat oor hoe wonderlik Hy is, hoe meer versterk Hy my geloof, wat my op 'n manier aan Romeine 10:17 laat dink wat sê: "Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor ... " Genesis vertel ons dat woorde gebruik word om te skep en nie net vir kommunikasie bedoel is nie.
Skiet jou geloof vandag tekort? Hou dan dadelik op met lees en neem 'n oomblik om die waarheid hardop te sê. Vertel God hoe asemrowend Hy is, selfs as jy vandag in Hom twyfel. Prys Hom hardop. Herinner Hom aan sy beloftes om jou te herstel en jou nooit te verlaat nie. Soos jy hierdie taal van geloof praat … laat Hom toe om iets nuuts in jou te skep.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.
More