Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
![Open In Case Of Emergency](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2033%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wees stil
Omtrent almal wat ek ken, sukkel met angstigheid. Angs kan in my kop ronddwarrel soos stormwolke. Ek verstaan dat ek veronderstel is om te "Bedaar en erken dat Ek [Hy] God is ..." (Psalm 46:11), maar dit is makliker gesê as gedaan. In plaas daarvan probeer ek om situasies self te hanteer wat eintlik buite my beheer is.
Het jy geweet dat die werkwoord vir "stil wees" in Hebreeus as die woord "rapha" vertaal word, wat letterlik beteken om te "laat gaan" of "oor te gee". Om voor God te bedaar is om jou behoefte te laat vaar om gedurig in beheer te wees. Wanneer ons dít doen, laat ons die lig en die lewe van God skyn deur die angstigheid wat oor ons dwarrel.
Is jy vandag bekommerd en angstig? Neem nou dadelik 'n oomblik om voor God te bedaar ... en gee jou behoefte om self jou situasie te beheer aan Hom oor.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Open In Case Of Emergency](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2033%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.
More