Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld
Groei in die donker
My vrou kweek kruie op ons agterstoep en om dit in 'n glashouer te sien groei, herinner my aan die manier hoe God dikwels in ons werk. Jy sien, vir enige plant om te groei, moet 'n saad diep in die grond geplant word. Jy maak die saad dan toe met grond sodat dit in stikdonkerte is waar die gewig van die grond druk op die saad plaas totdat dit oopbreek en nuwe lewe begin wortelskiet en groei. Daardie nuwe plant soek dan 'n manier om deur die oppervlak te breek om sonlig te vind.
Donkerte. Druk. Breek. Soek. Is jy vandag in 'n donker plek? Staar jy druk van werk, skool, familie of vriende in die gesig? Voel dit of jy op die rand van 'n emosionele ineenstorting staan? Voel dit vir jou of jy altyd soek na 'n deurbraak?
Ek glo dat God jou huidige omstandighede gebruik om nuwe lewe in jou voort te bring, selfs al lyk dit nie so nie. Soos my vriend Andy Stanley sê: "Moenie God se stilte as afwesigheid interpreteer nie." Hy is by jou en is besig om 'n deurbraak voor te berei wat jou na die lig toe sal bring.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan – is nou in 'n lewensstorm of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag leesplan sal jou herinner dat Jesus in beheer van elke storm is. Omdat visuele beeld die "taal van die 21ste eeu" is, bevat elke oordenking oorspronklike foto's om dit te verduidelik en die impak daarvan te verdiep.
More