Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Kom, O Kom Immanuel (O Come, O Come Emmanuel)
Juig! Juig! Immanuel
Sal na julle toe kom, o Israel.
Keer op keer het die Israeliete hulself van God verwyderd gevind — altyd deur hulle eie toedoen. God sou hulle uiteindelik verlos, net om weer deur sy uitverkore volk verraai te word. Ons vind dus twee konstante temas in die Ou Testament:
Die Israeliete wat ontrou is teenoor God, al probeer hulle ook hoe hard.
God wat getrou bly en die beloftes nakom wat Hy teenoor hulle gemaak het.
God het baie beloftes deur middel van sy profete gemaak. Jesaja 7:14 sê: "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem." Die naam Immanuel word as "God by ons" vertaal. Dis 'n merkwaardige belofte — die Opperwese en Skepper van die heelal belowe om self fisiek teenwoordig te wees by die mense wat hulself as onwaardig bewys het.
In een van die somberste Kersfeesliedjies, “O Come, O Come Emmanuel”, is daar 'n gemeenskaplike spanning by die Israeliete teenwoordig. Hulle is in ballingskap, weereens van God verwyderd. Met 'n nugter perspektief kies hulle om bly te wees oor die belofte wat God aan hulle gemaak het. Met niks anders om aan vas te hou nie, te midde van desperaatheid en eensaamheid, onthou en verkondig hulle die belofte dat God by hulle sal wees — in die wete dat, ten spyte van hulle ontrouheid, God getrou bly aan sy beloftes.
Niemand het verwag dat 'n baba in 'n krip die begin sou wees van God se volmaakte plan om by ons te wees nie. En tog is dit presies hoe God sy belofte nagekom het.
Wag jy vir God om 'n belofte na te kom wat Hy gemaak het? Voel jy eensaam of verlate? Juig! Juig! Deur Christus is God self by ons teenwoordig. Sy getrouheid is groter as ons mislukking. En sy teenwoordigheid is die beste rede vir ons om weereens te juig!
VRAAG:
Siende dat God Immanuel is, op watter manier is God hierdie Kersfeestyd by jou?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church