Kersfeesliedjies: 'n Kersfees OordenkingVoorbeeld
Maria, Het Jy Geweet? (Mary Did You Know)
Maria, het jy geweet dat jou babaseun eendag op water sou loop?
Maria, het jy geweet dat jou babaseun ons seuns en dogters sou red?
Het jy geweet dat jou babaseun gekom het om ons nuut te maak?
Hierdie Kind wat jy gebaar het sal jou binnekort red.
Het jy al ooit na die lied "Mary, did you know" geluister?
Hierdie aangrypende lied word al meer as drie dekades tydens Kersfees gespeel. Die woorde is so pragtig geskryf en bevat kragtige frases soos: "Maria, het jy geweet dat jou babaseun die storm sou laat bedaar … " en "Het jy geweet hierdie kind wat jy in die wêreld gebring het sal jou binnekort red?" Dit is roerende vrae wat deur die liedjieskrywer gevra word, wat die luisteraar in verwondering laat oor die krag van God.
Ons weet regtig nie baie oor Maria nie, behalwe dat sy 'n maagd was en waarskynlik in haar vroeë tienerjare. Volgens Lukas 1:28 weet ons dat sy begenadig is en dat die Here met haar was. God het haar gebruik al het sy nie 'n indrukwekkende CV gehad nie. Goeie Maria, wat haarself eenkant gehou het en nie 'n groot rolspeler was nie, is deur die Skepper van die heelal uitgenooi om die wêreld te help verander.
Baie mense dink dat Hy haar gekies het omdat sy gewillig was. Toe sy by die engel van God se plan vir haar lewe gehoor het, het sy geantwoord: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het” (Lukas 1:38).
Maria het eenvoudig vir haar Here ja gesê sonder enige voorwaardes.
Waar is jy tans op jou lewensreis? Hoeveel van jouself het jy oorgegee? Lewe jy in die waarheid dat jou lewe nie aan jou behoort nie, maar dit gekoop en die prys betaal is? Is daar iets wat jy misloop omdat jy nie toelaat dat Hy jou lei nie?
Ons het 'n Messias. Sy naam is Jesus. Hy is die Redder van die wêreld. Hy het sonder enige moeite op water geloop. Hy het gekom en gesterf om ons nuut te maak. Hy het 'n blinde man laat sien deur grond en spoeg te meng. Hy het uit die slaap wakker geword en 'n woeste storm laat bedaar. Hy het meer as 5 000 mense met 'n klein broodjie en vissies gevoed. Hy doen wonderwerke.
En Hy het wonderlike planne vir jou lewe.
VRAE:
Wat het jy nog nie aan God oorgegee nie?
Wat weerhou jou daarvan om dit te doen?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God is by ons — in beloftes wat gestand gedoen is, drome wat verwesenlik is en hernude hoop. Ons kan nie anders om te sing nie. Verken tydens hierdie Kersfeestyd die liedere wat ontstaan het as gevolg van die vreugde dat Christus aarde toe gekom het. Herontdek in hierdie 25-dae leesplan hoe hulle op jou hedendaagse lewe van toepassing is.
More
Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church