VerliesVoorbeeld

Loss

DAG 4 VAN 5

UITERLIKE FOKUS

Die apostel Paulus was baie bekend met verlies, pyn en lyding. In werklikheid was sy lewe vanaf die tyd dat hy Jesus ontmoet het tot sy dood redelik intens. Tog, let op terwyl jy sy geskrifte lees (baie van die boeke in die Nuwe Testament) en oor sy lewe lees, is hy vol vreugde. Hy verloor nooit hoop nie, en hy swenk nooit van sy Godgegewe missie af om die boodskap van Jesus so ver as moontlik regoor die wêreld te versprei nie. 

Die verhaal wat jy netnou gaan lees is 'n voorbeeld daarvan. Ter agtergrond, Paulus en sy makker, Silas, is in hegtenis geneem, geslaan en in die tronk gegooi. Watter misdaad het hulle gepleeg? Hulle het 'n demoon wat 'n hulpelose slavin gepynig het, uitgedryf ... ek weet, slegte ouens, nè? Wel, soos jy sal sien, nadat hierdie ouens erg geslaan en aan 'n muur in die donker put van 'n ondergrondse sel vasgeketting is, het hulle begin bid en tot God lofliedere gesing. Ek weet nie van jou nie, maar ek is redelik seker my eerste reaksie sou wees om myself jammer te kry en te kla oor hoe onregverdig alles is. Paulus behou egter sy hoop en sy fokus op Jesus. Dan, wanneer God bonatuurlik ingryp om al die gevangenes vry te stel (deur 'n massiewe aardbewing wat al die selle se deure oopbreek), dink Paulus steeds aan ander mense. Hy bly sit sodat die tronkbewaarder nie in die moeilikheid sou kom nie (dit is hoekom die tronkbewaarder op die punt was om homself in die verhaal om die lewe te bring ... dit sou sy straf wees omdat hy die gevangenes laat ontsnap het). Paulus hou sy fokus op ander, en ek glo dit is een van die sleutels tot sy vermoë om vol vreugde te bly ten spyte van die een verlies na die ander.

Wanneer ek en jy 'n tyd van verlies in die gesig staar, waarop fokus ons? As ons eerlik is, is ons natuurlike neiging om onsself na binne te keer. Ons fokus op ons pyn, ons gevoelens, hoe dit nie regverdig vir ons is nie. Al het ons bespreek hoe dit meer as gepas (en selfs gesond) is om te treur en hartseer te voel, kan ons nie daar vasval nie. Wanneer ons ons harte voor God blootgelê het, is dit tyd om ons fokus terug te skuif na ander. Wie ken jy wat nou ook met verlies worstel? Hoe kan God jou gebruik om 'n verskil te maak in die lewens van die mense om jou? Wanneer ons ons oë van onsself wegdraai, kan ons leef met die soort onwrikbare hoop en vreugde wat ons in die lewe van Paulus sien. Ek weet nie van jou nie, maar dit is absoluut die soort lewe wat ek wil leef. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Loss

Niemand wil verlies ervaar nie, reg? Maar wanneer omstandighede buite ons beheer intree en geleenthede uit ons hande gryp, wat staan ons dan te doen met die gevoel wat daardie verlies skep? Hoe hanteer ons dit wanneer alles wat ons gedink het gaan gebeur, net verdwyn? Hierdie leesplan sal ons help om na te dink oor hoe God saam met ons deur daardie pyn kan wandel.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://ccv.church/students