VerliesVoorbeeld

Loss

DAG 2 VAN 5

OM GOD TE BLAMEER

Wanneer iets verkeerd loop, het mense 'n natuurlike neiging om iemand te wil blameer. Dit maak ons bang om na te dink oor die oënskynlik lukrake en onbeheerbare aard van tragedie, en daarom probeer ons iemand vind om ons woede en frustrasie op uit te haal. Ongelukkig eindig God alte dikwels aan die ontvangkant daarvan. En eerlikwaar, dit is maklik om daardie sprong te maak. "As God regtig almagtig is, dan kon Hy dit sekerlik gekeer het," dink ons by onsself. Alhoewel God almagtig is, is daar heelwat subtiele redes wie die skuld vir ons pyn en verlies moet dra.

Daar is reeds volledige boeke geskryf oor wat ek hier in 'n paragraaf gaan sê, maar die kort antwoord is dat God in sy almagtige aard mense geskep het met die vermoë om 'n liefdevolle verhouding met Hom te kan hê. Vir daardie liefde om 'n werklikheid te word, moes ons die vermoë hê om te kon kies of ons in die eerste plek 'n verhouding wou hê of nie. Waar daar 'n keuse is, is daar die moontlikheid vir sonde. Waar daar sonde is, sal daar altyd pyn wees. Vir God om sy almagtige aard te gebruik om enige tragedie wat ons in die gesig staar te verhoed, sal vereis dat die keuse uit die vergelyking verwyder word, en dit sal ware liefde verwyder. 

Goed, ek weet die paragraaf hierbo is gewigtig, dus gaan ek vandag probeer om dit baie prakties te maak. Ek weet jy ly — God weet jy ly, en Hy haat dit wanneer ons seerkry. Om God egter vir jou pyn en verlies te blameer, sal jou net verder van Hom af dryf, wat onvermydelik jou pyn sal versterk. Dit is een van die Satan se grootste taktieke ... om iemand wat reeds in pyn is en God desperaat nodig het, te oortuig om hom van God af weg te keer. Dit is soos om 'n ontwaterde persoon te oortuig dat water sleg vir hom is ... dit is net wreed. Dus, terwyl ons reeds gepraat het oor rou en om al jou pyn voor God neer te lê, maak seker dat jy dit doen met die besef dat God aan jou kant is en Hy wil jou hierdeur help. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Loss

Niemand wil verlies ervaar nie, reg? Maar wanneer omstandighede buite ons beheer intree en geleenthede uit ons hande gryp, wat staan ons dan te doen met die gevoel wat daardie verlies skep? Hoe hanteer ons dit wanneer alles wat ons gedink het gaan gebeur, net verdwyn? Hierdie leesplan sal ons help om na te dink oor hoe God saam met ons deur daardie pyn kan wandel.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://ccv.church/students