VerliesVoorbeeld
![Loss](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19238%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
OM VERKUL TE VOEL
Ek wil nie enige aannames maak oor hoe dit met julle gesteld is nie, maar ek weet dat sommige van julle op die oomblik verkul voel. Jy het iets beplan, jy het 'n verwagting gehad waarop hierdie jaar sou uitwerk, maar niks het so gebeur nie. Dit was nie jou skuld nie, daar was niks wat jy kon doen nie, maar daardie droom is nou dood. Ek was ook al daar en ek verstaan dit ... maar wat doen ons nou?
Ons het reeds oor die pyn van verlies gepraat en hoe dit goed is om jouself toe te laat om dit vir 'n rukkie te voel. Soms het ons egter ook 'n verskuiwing in perspektief nodig, en dit is wat ons Skrifgedeelte van vandag vir ons gaan doen. Jy sien, alhoewel ons dit dalk nie wil hoor nie, was ons nooit daarop geregtig om die ervaring of die plan te hê wat ons gemaak het nie. Dit kon 'n goeie ding gewees het, jy het dalk baie hard gewerk om dit op te stel, maar dit was steeds nog nooit 'n waarborg nie. So dikwels hou ons daarvan om na God te kyk as 'n soort gelukbringer ... Hy wil tog sekerlik hê dat ek gelukkig moet wees, nie waar nie? Dus, as iets skielik gebeur en daardie potensiële bron van geluk wegneem, wat doen God dan?
God het jou lief (meer as wat jy selfs kan verstaan) en Hy wil absoluut die beste vir jou hê. God se eerste prioriteit is egter nie jou geluk nie. Hy wil hê dat jy vreugde moet hê (anders as geluk), en Hy wil hê dat jy nader aan Hom moet wees, meer soos Jesus moet lyk en uiteindelik ander mense moet lei om Hom ook te ken. Om alles te kry wat ons wil hê en verwag om te gebeur, lei nie noodwendig tot daardie belangriker uitkomstes nie.
Goed, maar hoe verstaan ons dit alles? Vandag wil ek jou uitdaag om vir 'n oomblik stil te raak terwyl jy hierdie Skrifgedeeltes lees en met 'n vars blik te kyk na wie God is en wie ons is. God is alles wat goed is, Hy is almagtig, alwetend en is volkome volmaak en heilig. In teenstelling is ons klein, glad nie goed nie, en heeltemal onvolmaak. Met dit in gedagte, verdien ons nie eintlik veel van enigiets van God af nie. Die feit dat ons enige van die seëninge wat in ons lewens is, ontvang; is 'n wonderwerk en 'n kragtige vertoning van God se goedheid en genade. Dus, terwyl dit reg is om hartseer te wees oor iets wat jy verloor het, laat ons voortgaan om bewus te bly dat ons in elk geval soveel het om God voor te dank. Ons verdien niks daarvan nie, maar tog het God ons lewens met goeie dinge gevul.
Aangaande hierdie leesplan
![Loss](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19238%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Niemand wil verlies ervaar nie, reg? Maar wanneer omstandighede buite ons beheer intree en geleenthede uit ons hande gryp, wat staan ons dan te doen met die gevoel wat daardie verlies skep? Hoe hanteer ons dit wanneer alles wat ons gedink het gaan gebeur, net verdwyn? Hierdie leesplan sal ons help om na te dink oor hoe God saam met ons deur daardie pyn kan wandel.
More