Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld
Wat Gaan jy Doen Met Wat aan jou Gegee is?
Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat jou lotsbestemming is?
Om jou bestemming te kan vervul, moet jy weet watter gawes God vir jou gegee het om te gebruik. Jy moet dus "speel met die kaarte wat jy het!" — gebruik dus die middele wat jy gekry het. Dit sluit sommige dinge in waaroor jy nie beheer het nie, byvoorbeeld: jou ouers, jou nasionaliteit, jou ras, jou moedertaal. Dit sluit ook dinge in wat jou vorm: jou geestelike gawes, hart, vermoëns, persoonlikheid en ondervindinge. Al hierdie dinge maak van jou 'n unieke mens.
Jy is egter nie verantwoordelik vir die gawes wat God nié vir jou gegee het nie. As jy dus nie kunstig is nie, word daar nie van jou verwag om soos Rembrandt te skilder nie. Jy is egter wél verantwoordelik vir die gawes wat Hy vir jou gegee het.
Wanneer jy in die hemel kom, gaan God jou nie met enigiemand anders vergelyk nie, maar slegs met jouself. Wat het jy gedoen met wat aan jou gegee is? Wat sou jy kon bereik as jy God 'n bietjie meer vertrou het? Romeine 14:12 sê: "Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee."
God het vir Ester drie bates gegee om haar lotsbestemming te vervul. Sy was intelligent, beeldskoon en het 'n aangename persoonlikheid gehad. As gevolg van hierdie eienskappe, lees ons: "Sy het 'n goeie indruk gemaak op almal wat haar gesien het …" (Ester 2:15b) "Die koning het meer van Ester gehou as van enigeen van die ander vrouens en hy was meer in sy skik met haar as met enige ander jongmeisie. Hy het toe die kroon op haar kop gesit en haar koningin gemaak ..." (vers 17).
God het hierdie gawes met 'n doel aan Ester gegee. So het God ook sekere gawes met 'n doel aan jou gegee. Net soos Ester, het jy ook 'n verantwoordelikheid om 'n goeie rentmeester van hierdie gawes te wees — nie ter wille van jou eie selfsugtige gebruike nie, maar ten goede van ander mense.
Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>
Luister na gebed |
Aangaande hierdie leesplan
Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.
More