Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 35 VAN 43

Lees: Psalm 19:13-14, Psalm 119:9-16

SOAP: Psalm 119:11

Wanneer ek lees: "Ek het u woord in my hart gebêre" (AFR53), kom die prentjie by my op van tulpbolle diep in die grond. Terwyl tulpe in die lente groei en blom, gaar hulle energie op om hulle te help om die winter te oorleef. Hoe meer energie hulle stoor, hoe 'n beter kans het hulle op oorlewing. Hoe groter en gesonder die bolle is, hoe meer asemrowend sal die blomme wees in die volgende lente!

Om God se woord in ons harte te bêre is soos 'n tulp wat blom in die lente om dit te help in die winter te oorleef. Wanneer ons God se woord memoriseer en onthou, kan ons in moeilike tye vashou aan die waarheid wat ons geleer het. In plaas daarvan om bedrieg te word deur leuens of wanhoop, kan ons die waarheid van God se woord onthou in tye wanneer ons dit die nodigste het.

Vader, dankie vir die pragtige waarhede in u woord en vir die vermoë om u woord in ons harte te bêre. Help ons om u woorde in ons harte te bewaar, sodat ons nie teen U sal sondig nie. Amen. 

 

Dag 34Dag 36

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/