Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 38 VAN 43

Lees: Psalm 19:15, 2 Timoteus 2:14-19

SOAP: Psalm 19:15

Let wel: Die verse in die Engelse en Afrikaanse Bybels stem nie ooreen nie. Vandag se vers is Psalm 19:15

Die woorde wat ons praat begin met die gedagtes in ons harte. Met ander woorde, waarvan die hart vol is, loop die mond van oor (Lukas 6:45). Dit is waarom dit so belangrik is dat ons oor God se woord en sy werke nadink, wat die eerste twee temas in Psalm 19 is. 

Ons gedagtes en ons woorde is waardevol en ons moet versigtig wees oor wat in ons harte omgaan. Ons val so maklik in die strik van negatiewe gedagtes, wat lei tot kritiese woorde oor onsself of ander. As ons nie wysheid gebruik en versigtig is nie, word dít wat ons hardop uitspreek deur ons familie, vriende, of ons kinders gehoor. 

Dít waaroor ons dink en dít wat ons toelaat om by ons monde uit te kom, kan ook lewensgewend wees. Ons woorde kan woorde van lewe, liefde en lofprysing aan ons Skepper wees en vir alles wat Hy geskep het. 

Vader, dankie dat U nie slegs die Vader is wat ons veilig hou nie, maar ook die Een wat die volle prys betaal het om ons vry te maak. Help ons om oor u woord en werke na te dink, sodat ons harte en tonge lewe kan spreek oor almal rondom ons. Mag wat ons sê en wat ons dink, vir U aanneemlik wees. Amen. 

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/