Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 41 VAN 43

Lees: 1 Tessalonisense 2:9-16, Kolossense 1:3-8

SOAP: 1 Tessalonisense 2:13

Toe Petrus en die apostels ná Jesus se dood oor Jesus onderrig gegee het, het hulle probleme met die owerhede gehad. Die plaaslike leiers wou nie hê dat hulle oor Jesus moes onderrig nie. Tog was dit belangriker om gehoorsaam te wees aan God as aan die mense. Mense was in oproer toe 'n wyse Fariseër, genaamd Gamaliël, opgestaan en gesê het: " Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie.”

Het jy al ooit gedink oor die verskil tussen 'n menslike boodskap en God se boodskap? Menslike nuus het die mag om in te lig en miskien selfs emosies te ontlok. God se boodskap het die krag om te transformeer. Dit het die vermoë om die hele gang van ons lewens te verander.
Here, dankie dat u Boodskap kragtig is en die vermoë het om lewens te transformeer! Dankie dat die aanvaarding van die evangelie nie net 'n eenmalige besluit is nie, maar dat dit ons bly verander van binne na buite. Amen.
Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/