Nader tot GodVoorbeeld
Lees: Psalm 19:15, Romeine 10:5-17
SOAP: Romeine 10:17
Let wel: Die verse in die Afrikaanse en Engelse Bybels stem nie ooreen nie. Vandag se vers is Psalm 19:15.
Onthou jy wie die waarheid van die evangelie die eerste keer met jou gedeel het? Die waarheid is dat ons almal dit van iemand gehoor het. In Romeine verduidelik Paulus ons verantwoordelikheid om in Jesus te glo. Dan verduidelik hy die verantwoordelikheid van die gelowige om ander, die verlorenes, die waarheid oor Jesus te vertel.
Ek weet daar is miljoene wêreldwyd wat nog nooit die waarheid gehoor het oor hoe Jesus ons van ons sonde kan red en ons 'n ewige hoop gee nie. Die waarheid in hierdie vers het die gang van my lewe verander. Ek wil nie hê dat ander dit misloop nie. Geloof kom deur die hoor van die boodskap en iemand moet die boodskap deel. Met wie kan jy vandag oor Jesus praat? Jou buurman, jou medewerker, die barista by die koffiewinkel? Miskien gaan hulle selfs kerk toe, maar het nog nooit die waarheid gehoor nie.
Jesus, dankie dat U aan ons broos, bang mense die grootste boodskap op aarde toevertrou het. U waarheid het in ons harte geskyn om ons die lig te gee, van die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus. Help ons om hierdie boodskap aan diegene te gee wat nog nie gehoor het nie. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |