Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 39 VAN 43

Lees: Josua 1:7-9, Deuteronomium 11:16-25

SOAP: Josua 1:8

Deel van God se opdrag aan Josua, nadat hy Moses opgevolg het as leier van die Israeliete, was om "sterk en dapper" te wees. Deur sterk en dapper te wees, toon hy sy vertroue in God as die Een wat hom lei terwyl hy die Israeliete lei. Dit was net so belangrik vir sy sukses as 'n leier om God se woord te gehoorsaam. God het Josua beveel om dit te memoriseer, te gehoorsaam en te leer.

God belowe ons nie dat ons altyd sukses sal hê nie. Basies het God vir Josua beveel om die wet te bestudeer en te memoriseer, sodat hy God kon gehoorsaam en 'n goeie leier kon wees. Josua wás wel 'n goeie leier, maar baie leiers ná hom was nie. Hierdie leiers het nie God se wette geken nie en daarom dit ook nie gevolg nie. Ten einde lewens te lei wat God eer en getuies van sy getrouheid te wees, moet ons God se woord bestudeer en verstaan.

Vader, ons dank U dat u woord ons verander. Wanneer ons gedurig daaraan dink, kan ons makliker besluite neem oor die klein en groot dingetjies in ons lewens, sodat dit in ooreenstemming is met u wil. Help ons om u wil te ken, sodat ons gehoorsaam kan wees. Amen.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/