Nader tot GodVoorbeeld
Lees: 2 Timoteus 2:1-2, Romeine 15:1-5
SOAP: Romeine 15:4
In hierdie vers verduidelik Paulus waarom die hele Bybel geskryf is. Dit was vir ons lering; om ons aan te moedig om getrou en lydsaam te bly, en uiteindelik om ons hoop te gee!
God se Boek sluit alles in. Job het sy werk, besittings en al sy kinders verloor; tog het God sy lewe gespaar, en het hom herstel en hom geseën. Daniël is deur medewerkers verraai en is in die leeukuil gegooi, en het oorleef. Josef is deur sy eie broers verraai en as slaaf verkoop, maar God het sy ervaring ten goede laat meewerk. Paulus het baie van sy briewe geskryf terwyl hy onregverdig in die tronk gesit het. Jesus is beskuldig van misdade wat Hy nie gepleeg het nie en is langs misdadigers aan ‘n kruis gekruisig.
Een van my gunsteling professore het altyd gesê: “God se getrouheid in die verlede is ‘n model en ‘n belofte van sy getrouheid in die toekoms. Hy is egter te kreatief om dieselfde ding twee keer te doen.” Die Skrif is gevul met verhale en mense wat deur beproewings volhard en oorwin het. Nie gebaseer op hul eie krag nie, maar op Syne!
Here, wanneer ek neerslagtig en ontmoedig voel, help my om u woord te lees en aan u getrouheid in die verlede herinner te word. U is ‘n goeie God, en dít wat in u woord geskryf staan, gee vir my hoop terwyl ek uitsien na die dag wanneer U sal terugkom en elke traan sal afvee. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/ |