Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld

Setting Godly Goals

DAG 7 VAN 7

Ek het in 2006 begin om 'n karakterskets van die vrou in Spreuke 31 te maak. Ek het die idee vir 'n titel van 'n boek genoteer, gebaseer op wat ek in 2012 neergeskryf het. Ek het begin onderrig gee oor wat ek in 2013 geleer het.

Famous in Heaven and at Home is nie vrygestel voor 2016 nie ... byna 'n dekade nadat ek begin het om daarvoor notas te maak.

Om 'n boek te skryf is harde werk. Ek het 'n aantal ure telkens nodig gehad om die gewoonte aan te leer om te fokus, wetende dat my kinders versorg, gelukkig en veilig is.

Daardie tydperk het nie voor 2016 aangebreek nie ... dus het die boek nie vroeër die lig gesien nie.

Nadat jy jou doelwitte dus neergeskryf het, dink goed na oor die tydperk waarin jy jou tans bevind en die unieke opdragte wat God vir niemand anders as vir jou gegee het nie (soos om sy kind te wees, jou rol in jou gesin, ens.), en maak seker dat geen doelwit in die pad van hierdie prioriteite kom nie.

Vader, ons wil nie in hierdie lewe suksesvol wees met dinge wat nie regtig saak maak nie. Gee ons dus die onderskeidingsvermoë. Help ons om ons prioriteite te eerbiedig. Help ons om die opdragte hoog te ag wat U spesiaal vir ons gegee het. Ons mag dalk nie die grootste applous kry nie, maar Here, ons weet dat U vir ons 'n beloning belowe as ons kies om U te gehoorsaam. Help ons om alles aan U oor te gee. Ons vertrou U. Amen.

Ns. Goeie nuus — jy is nou gereed om doelwitte te stel! 

Gebaseer op die oorsig van die afgelope sewe dae, volg 'n kort opsomming om jou te help om doelwitte te evalueer (plus 'n paar bonuswenke!):

1.  Vul my doelwitte my prioriteite en waardes aan?

2.  Bestaan daar wedywering tussen my doelwitte of bou hulle op mekaar voort?

3.  Is my doelwitte spesifiek?

4.  Is God se krag en my inspanning nodig om hierdie doelwitte te bereik?

5.  Vir wie het ek vertel, en wie bid saam met my oor my doelwitte? 

6.  Spoor my doelwitte my aan tot vrygewigheid?

7.  Help my doelwitte my om my werk goed en regverdig te doen?

8.  Sal ek tevrede wees, ongeag die eindresultaat? 

As jy hierdie leesplan geniet het, sal jy sekerlik ook van ons gemeenskap vir vroue hou wat poog om God EERSTE in die lewe, tuis en by die werk te stel. Kyk na 'n gratis lesing hier . 

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Setting Godly Goals

Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Christus.

More

Ons wil graag "she works HIS way" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sheworksHisway.com