Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld
Twee woorde som Johannes se opdragte aan die skare op: Wees vrygewig.
Kom ons wees eerlik: In die beroepswêreld is dit meer algemeen om te gryp wat jy kan. Vrygewigheid is dikwels meer van 'n publisiteitsfoefie as 'n opoffering.
Die werklikheid is: as ons nie vrygewigheid 'n prioriteit maak terwyl ons doelwitte stel nie, sal ons waarskynlik in gierigheid verval. Dis tipies van 'n reis na méér wat nooit voel of dit genoeg is nie.
Ek hou van die prentjie wat Spreuke 31:20 van 'n deugsame vrou skilder wat vrygewigheid 'n prioriteit in haar lewe maak:
"Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges."
'n Oop hand impliseer dat sy alles wat sy besit vir 'n spesifieke doel gebruik. Vrygewig beteken sy gee meer as wat gemaklik sou wees. 'n Direkte vertaling van hierdie vers sou lui dat sy "haar hande na die behoeftiges uitstrek". Die meervoud "hande", vergeleke met "hand", toon vir ons dat sy nie net 'n bietjie gee nie, maar dat sy gee met alles wat sy het.
Om doelwitte te stel is daarop gemik om te groei, reg? Dus, as vrygewigheid ons meer laat gee as wat ons kan, dan kan vrygewigheid en Goddelike groei nie van mekaar geskei word nie.
Op watter maniere kan jy jou vrygewigheid hierdie jaar laat toeneem? Neem 'n paar oomblikke en dink na oor hoe vrygewigheid deel van jou plan kan wees eerder as iets wat jou later byval.
Here, daar is geen twyfel dat U 'n vrygewige God is nie. Alles wat ons het, behoort aan U. U het dit bloot aan ons toevertrou. Here, van ons talente tot by ons besittings en selfs ons lewe, alles is gawes van U af. Help ons om u karakter so te weerspieël aan diegene om ons, deur vrylik te gee en met oop hande en oop harte te lewe. Ons vertrou U. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Christus.
More