Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld
In die tyd toe die Evangelie van Lukas geskryf is, was tollenaars sinoniem met oneerlikheid. Hulle het 'n bestaan gemaak deur die bedrag te verhoog wat vir belasting verskuldig was, en het die oorskot in hul sakke gesteek. Gebaseer op hul weelderige lewensstyl en swak reputasie by die mense, kan ons aflei dat hulle soveel gevra het as waarmee hulle kon wegkom.
Johannes se opdrag aan die tollenaars was om nie slegs hul werk goed te doen nie, maar om nie “... meer in [te] vorder as wat vir [hulle] vasgestel is nie” (Lukas 3:13); ook om regverdig teenoor die mense te wees.
Ek dink ons vereenselwig menigmaal "goeie" werk met winste, bonusse, bevorderings, erkennings, ens.
Goeie werk vanuit 'n Goddelike perspektief, beteken om wat vir ons gegee is op so 'n manier te doen dat dit op die beste belang van diegene wat ons dien, en nie op ons eie voordeel fokus nie.
Johannes se opdrag is ook vir ons geldig: Ons moet ons werk goed en regverdig doen.
Wanneer ons daaraan dink om doelwitte te stel, moet ons onthou dat die manier waarop ons dit behaal het, belangriker as die gewenste uitkoms is.
Hier by "She works His way", sê ons altyd: hoe ons werk en nie die taak op sigself nie, is dikwels ons grootste geleentheid vir bediening.
Dink aan maniere hoe jy jou werk in teenstelling met aanvaarde gebruike kan doen en dóén dit:
Ondersteun hulle wat teen jou meeding.
Weier om te oordryf as jy nie jou doelwit behaal het nie.
Bid vir jou vyand.
Verbeter jou foute in plaas daarvan om hulle toe te smeer.
Vertrou dat God werk sal eer wat op sy manier gedoen word.
Vader, vernuwe ons denke sodat ons ons werk soos U kan sien. Help ons om te weier om slegs die taak te sien, en nie die geleentheid te mis nie wat U ons met elke tree bied. Ongeag wat ook al aanvaarbaar in ons werk mag wees, Vader, help ons om te voldoen aan wat vir U aanvaarbaar is. Ons het U lief en ons vertrou U. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Christus.
More