Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld
Vra jy jouself af: Wat moet ek doen?
Ek kan raai dat jy nie hier sou gewees het as jy nie jouself daardie vraag afgevra het nie. Alhoewel daar niks mee verkeerd is om doelwitte te stel nie, is daar tog 'n paar dinge wat ons eers moet doen.
Die Bybel noem drie verskillende groepe mense (die skare, die tollenaars, en die soldate) wat almal vir Johannes die Doper dieselfde vraag gevra het nadat hulle sy boodskap gehoor het:
"... Wat moet ons dan doen?" (Lukas 3:10, vgl. ook 3:12, 14).
Dieselfde vraag wat baie van ons heel waarskynlik aan die begin van 'n nuwe jaar, 'n kwartaal, maand of sommer op 'n Maandag pla, is hier reg voor ons in die Woord van God.
Wie was Johannes die Doper dan en wat het hy gesê wat tot hierdie vraag aanleiding gegee het?
Johannes die Doper was die eerste profeet wat na eeue weer verskyn het. (Daar was 400 jaar van stilte na Maleagi en voor die Evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes!) Hy het 'n welbekende boodskap van bekering van sonde gebring en daarmee saam 'n ernstige oproep om werklik vir God te leef.
Sy boodskap word goed saamgevat in Lukas 3:8a: "Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is ..."
Berou of bekering is nie slegs 'n gebed wat ons opsê of woorde wat ons uiter nie. Ons optrede is veronderstel om te toon dat ons anders leef wanneer ons vir God leef.
Dus, voordat ons besluit wat ons in die nuwe jaar wil bereik, gaan ons die volgende drie dae benut om Johannes se reaksies te ontleed.
Hy gee nie vir die skare 'n nuwe doelwit om te bereik nie; hy gee hulle 'n nuwe manier van lewe.
God se manier.
Indien ons hierdie jaar ons beste jaar óóit wil maak, moet ons iets anders doen. Dit beteken egter nie 'n nuwe besigheid, 'n nuwe produk of 'n nuwe diens nie.
In plaas daarvan om aggressief toegewyd te wees óm 'n sekere doelwit te bereik, laat ons eerstens toegewyd wees aan die manier waaróp ons te werk gaan om ons doelwit te bereik.
Kom ons bid:
Vader, ek wil hê die doelwitte wat ek stel moet my liefde vir U weerspieël. Moenie toelaat dat ek die doelwitte wat ek stel, skei van hoe ek vir U lewe nie. Laat my doelwitte met u opdrag ooreenstem. Here, maak my hart oop vir meer as wat ek wil hê. Maak my hart sowel as my hande oop om u werk te doen. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Christus.
More