Gehoorsaamheid aan die Here te Midde van VeranderingVoorbeeld

Volg Hom
As volgeling van Christus kan dit maklik wees om te sê jy weet en verstaan wat jou rol as Christen is. Om van Christus te weet, en om in gehoorsaamheid aan Hom te wandel, is twee groot verskille. Om Christus heelhartig te volg, is ons verbind en geroepe om gehoorsaam te wees aan sy gebooie. Dit is egter makliker gesê as gedaan.
Miskien verwerk jy 'n gebroke verhouding met 'n familielid, eggenoot of vriend. Miskien staar jy uitdagings in die gesig waaroor jy geen beheer het nie, soos om iemand wat jy ken en liefhet te verloor, of 'n siekte of besering raak iemand wat jy ken. Jy pas dalk aan by 'n nuwe werk of lewenstydperk en vind dit moeiliker as wat verwag is. Beproewings en omstandighede soos hierdie kan ons fokus vertroebel en ons aandag aftrek van die Here en waartoe sy Heilige Gees ons roep.
Dis egter die punt. Dit is die prag van die evangelie en waarom ons Jesus nodig het. Hy wil 'n deel van ons lewens wees! Daarom kan ons eenvoudig nie die lewe op ons eie leef nie. Wanneer ons gehoorsaam is aan die Here, word sy liefde en genade ten toon gestel namate ons meer soos Hy word.
"Jy moet die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen. Jy moet Hom dien" (Deuteronomium 8:6).
Daadwerklike gehoorsaamheid is om God se woord te vertrou. Prakties gesproke beteken dit dat ons te midde van die beproewings van die lewe gehoorsaam bly aan wat sy Woord vir ons sê om te doen, met die vertroue dat sy weë beter is as ons s'n (Jesaja 55:8-9). Dit is om onsself te onderwerp aan die Heilige Gees se werk in ons lewe om ons te verander na die beeld van Jesus.
Wanneer ons gehoorsaam is, lei ons gehoorsaamheid tot die wonderwerke van God en vertoon sy getrouheid. Die daad van gehoorsaamheid is ons manier om vir God te wys dat ons Hom ten volle vertrou en dat ons Hom volkome beheer oor ons omstandighede en lewe gee.
Gehoorsaamheid is 'n pragtige manier om onsself voor ons Vader te verootmoedig en te sê: "Here in my gehoorsaamheid aan U, vertrou ek U met alles en glo dat in enigiets waartoe U my roep, dit deel van u doel vir my lewe is." Hierin is daar werklik geen beter lewe om te leef as een in gehoorsaamheid aan ons God nie.
Here, ek dank U vir die geleentheid om U te volg en aan U gehoorsaam te wees. Ek dank U vir u liefde en genade. Ek dank U dat ek deur u Seun, Jesus, 'n verhouding met U kan hê en dat U my u kind noem. Vader, dit maak nie saak watter hoogte- en laagtepunte die lewe bring nie, sal U my help om aan U gehoorsaam te wees in alles wat ek doen? Skryf u Woord op my hart en help my om u stem duidelik te hoor.
Ek bid, terwyl ek kies om U te gehoorsaam, dat U my geloof en vertroue in U sal vermeerder. In Jesaja 55:8 (AFR53) sê U: "Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie," daarom Vader, gee my krag om u planne te vertrou en vir U "ja" te sê, selfs wanneer dit moeilik is. Van elke klein dingetjie wat ek doen, tot elke groot besluit wat ek neem, dat dit volgens u Woord wees sodat U in my lewe verheerlik kan word. Amen.
“Gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!” (Psalm 128:1 AFR20).
Hierdie oordenking is verskaf deur Troy Francis van Compassion International , Menslike Hulpbronne Inligtingstelsels Ontleder en Kinderadvokaat
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dit maak nie saak in watter tydperk van die lewe ons ons bevind nie, die Here het ons geroep om Hom gehoorsaam te volg. Hoe kan ons egter op ‘n innemende manier aan die Here gehoorsaam wees te midde van stresvolle, onaangename, spanningsvolle of uitputtende verandering? Hierdie 10-dag oordenking, geskryf deur Compassion International se personeellede, sal jou help om God se roeping vir jou lewe, te midde van uitdagende tye, te hanteer.
More
Verwante Leesplanne

Hernu Jou Denke: Detoks Jou Gedagtes

Om op God te Wag

Maak 'n Kopskuif

Gewaagde Gebede

Bid God Se Waarheid Oor Jou Vrese

Bly In Jesus - Dra Vrugte Wat Hou

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

Geanker in geloof
