Gehoorsaamheid aan die Here te Midde van VeranderingVoorbeeld

Obedience to the Lord in the Midst of Change

DAG 9 VAN 10

Vertrou Sy Plan

Sommige van ons hou van verandering. Ons leef vir die opwinding daarvan. Ander vind dat hulle paniek beveg wanneer die blote idee deur hul gedagtes gaan. As ons egter eerlik is, vind ons almal verandering 'n bietjie verontrustend.

Sekere veranderinge voel beter as ander. Die opwinding van nuwe loopbaangeleenthede is niks in vergelyking met die seer wat ons ervaar terwyl ons oor 'n miskraam treur nie ... 'n afdanking ... 'n verhouding wat eindig en ons verbysterd laat.

Ongeag die verandering wat ons in die gesig staar, gaan spanning gewoonlik hand aan hand daarmee saam. As mense hanteer ons spanning deur 'n manier te soek om dit te oorkom. Baie van ons hanteer verandering deur die "veranderingsbestuur"-benadering te gebruik. Met ander woorde, ons vra onsself af hoe om die gevaar van die onbekende te verlig. Hoe kan ons vir alle moontlike uitkomste voorberei? Hoe manipuleer ons die stelsel? Hoe kan ons dit beheer?

Spreuke 16:9 sê: “'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.” Dink daaraan. As die Here elke besonderheid weet van wat voorlê — as ons Vader goeie bedoelings teenoor ons het te midde daarvan — dan gaan ons taak minder daaroor om die uitkoms te ken en meer om Hom te ken.

Ons moet uitvind wat dit beteken om met ons Here deur die waas van verandering te wandel. Om in te oefen om sy teenwoordigheid te ken en daarop te steun terwyl ons moeilike situasies hanteer.

 Ons doen dit deur naby Hom te bly. Dit kan 'n oggend van gebed en oorgawe wees. Dit kan wees om sy Woord vir die waarheid te deursoek. Om ander uit te nooi om ons stryd te aanskou — veral dié wat hartverskeurend en moeilik is. Om in die natuur te wandel. Stil te wees. Om by 'n raadgewer te sit en onsself vir 'n ander se wysheid oop te stel.

Wanneer ons probeer om in pas te bly met die Gees te midde van verandering, kies ons om op ons Here en Verlosser te vertrou. Dat Hy weet wat vir ons die beste is. Dat Hy 'n plan het. Dat ons Hom kan vertrou. God se teenwoordigheid is nie die deurgang na ons bestemming nie. Hy is die bestemming.

Vader, ek weet nie hoe alles sal verloop nie. U weet. Leer my dus om eenvoudig in u teenwoordigheid te wees. Nader tot my en maak my bewus van u leidende hand. Maak die oë van my hart oop vir wat U wil hê ek moet sien. Gee my die moed om op u goedheid te vertrou. In die Naam van Jesus. Amen.

  

Hierdie oordenking is verskaf deur Keri Assante van Compassion International, Spesialis in Bemarkingsbetrokkenheid en Kinderadvokaat

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Obedience to the Lord in the Midst of Change

Dit maak nie saak in watter tydperk van die lewe ons ons bevind nie, die Here het ons geroep om Hom gehoorsaam te volg. Hoe kan ons egter op ‘n innemende manier aan die Here gehoorsaam wees te midde van stresvolle, onaangename, spanningsvolle of uitputtende verandering? Hierdie 10-dag oordenking, geskryf deur Compassion International se personeellede, sal jou help om God se roeping vir jou lewe, te midde van uitdagende tye, te hanteer.

More

Ons wil graag Compassion International bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://www.compassion.com/sponsor_a_child/?referer=602984