Gehoorsaamheid aan die Here te Midde van VeranderingVoorbeeld
Het Ons 'n Keuse?
Gelowiges het eintlik net twee keuses te midde van tydperke van beproewings en hartseer:
1. Word steeds meer afhanklik van en gehoorsaam aan God. Of
2. Word nog meer belas en keer jou rug op God.
Een van die moeilikste tydperke van my lewe het gevolg nadat kanker by my vrou gediagnoseer isi Sy was jare lank in en uit hospitale, baie besoeke wat maande op 'n slag geduur het. Terwyl ek gesukkel het om enkelouerskap van my 2-jarige te balanseer met die versorging van my siek vrou, onthou ek dat ek vir God gevra het: "Wat kan nog verkeerd gaan?"
Een oggend, by my vrou se hospitaalbed, kry ek 'n oproep van my ma wat sê my pa is vroeër die oggend aan 'n hartaanval oorlede. Dit was my antwoord.
As ek terugkyk, is dit maklik om te sien hoe die Here my voorberei het vir sy goeie werk. Die laste wat ek gedra het, het my sterker gemaak, my meer laat waardeer wat ek het en my uiteindelik nader aan die Here gebring. Dit is egter baie moeiliker om daardie dinge te midde van die storm te sien.
Hierdie beproewings kon my versoek het om in my geloof te wankel. Ons hoor hierdie uitdrukking dikwels: "Waarom laat God slegte dinge met goeie mense gebeur?" of "Hoe kon God dit aan my doen?" Die Here se antwoord was duidelik: "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin" (Johannes 16:33).
Hou moed, want Jesus het reeds oorwin. Jy kan ook vrede in Hom vind! Wat 'n wonderlike belofte. Ons sal nie blywende vrede, geluk, vreugde of selfs 'n goeie lewe hier op aarde vind nie. Ons sal egter al daardie dinge en meer deur geloof in Jesus Christus vind, wat dit vir ewig belowe. Hy sal ons beskermer en skuilplek wees wanneer moeilike tydperke aanbreek. Hy sal oor sy kinders waak sodat niks ons van Hom skei nie.
>"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" (Jeremia 29:11). Die Here se juk is lig en Hy sal jou nooit meer gee as wat jy kan dra nie. Wanneer ons voor tydperke van beproewings en hartseer te staan kom, laat ons altyd onthou om die eerste en beste keuse te maak, om ons na die Here te wend sodat ons genees kan word.
Here, help my om al die wonderlike beloftes wat U aan my as u kind gemaak het, te onthou. Laat my beproewings en smarte hier op aarde my nog nader aan U bring en my geloof en gehoorsaamheid aan U in al die tydperke van my lewe versterk. Amen.
Hierdie oordenking is verskaf deur Wes Dean van Compassion International, Senior Netwerkstelsel Administrateur en Kinderadvokaat
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dit maak nie saak in watter tydperk van die lewe ons ons bevind nie, die Here het ons geroep om Hom gehoorsaam te volg. Hoe kan ons egter op ‘n innemende manier aan die Here gehoorsaam wees te midde van stresvolle, onaangename, spanningsvolle of uitputtende verandering? Hierdie 10-dag oordenking, geskryf deur Compassion International se personeellede, sal jou help om God se roeping vir jou lewe, te midde van uitdagende tye, te hanteer.
More