Gehoorsaamheid aan die Here te Midde van VeranderingVoorbeeld

Obedience to the Lord in the Midst of Change

DAG 2 VAN 10

Beskou Dit As ‘n Groot Vreugde ... Wanneer Allerhande Versoekings Julle Oorval

Hierdie vers word dikwels aangehaal om aan te dui, wanneer ons midde-in beproewings is, ons opgewek moet wees en 'n "dapper gesig" moet voorhou. Dit is egter nie wat Jakobus hier bedoel nie. As Christene moet ons soms teëspoed beleef. Dit moet ons ook ontmoedig en pla. Selfs Jesus het gehuil toe hy gekonfronteer is met die dood van sy vriend Lasarus. 

Geluk is nie waaroor Jakobus skryf nie. Wanneer jy geen rooi ligte op die rit huis toe teëkom nie, maak dit jou gelukkig. Wanneer jy jou gunsteling nagereg na aandete geniet, maak dit jou gelukkig. Geluk is inderdaad 'n geskenk van God, maar geluk sal ons nie beskerm teen die probleme wat voortspruit uit ons lewe in 'n gevalle wêreld nie. Ons het vreugde nodig.

Vreugde is 'n innerlike kennis en hoop wat ons in staat stel om beproewings die hoof te bied. Hoe kan iemand vreugde ondervind wat 'n moeilike diagnose ontvang? Dit is omdat hulle 'n innerlike ingesteldheid het wat voortspruit uit die intieme kennis van hulle hemelse Vader. Dit kom vanuit die begrip dat die lewe meer is as net die alledaagse bestaan. Dit is die wete, nie net 'n hoop nie, dat daar 'n groter erfenis wag.

Daar is nou 'n TV-kanaal wat heruitsendings van ou sport wedstryde wys. Hoekom sal iemand na 'n wedstryd kyk as hulle reeds weet hoe dit eindig? Dit is juis hoekom hulle kyk! Hulle wéét hoe dit eindig. As jy weet dat jou span in die laaste minute wen, gee jy nie meer om oor die omgekeerde skrums, verspeelde geleenthede of gefnuikte dryfbewegings nie. Daardie dinge maak nie meer saak nie, want jy weet hoe die spel eindig.

Ons leef in die tydperk tussen die begin en die einde! Ons huidige leeftyd is ná die tydperk waaroor Moses in Genesis geskryf het, en vóór die tyd waarvan Johannes ons in Die Openbaringe vertel. Ons weet hoe Jesus se verhaal eindig. Jou kamer is reeds voorberei in jou Vader se herehuis waar ons sal wag op Jesus se triomfantelike wederkoms. Dit is die vreugde waaroor Jakobus aan sy gemeente skryf. Ons weet dat ons so geliefd is deur 'n Vader dat Hy sy enigste Seun gestuur het om ons te verlos deur aan 'n kruis te sterf en ons is nou met 'n goeie en liefdevolle Vader vir ewig versoen. 

Beproewings sal kom. Daar sal moeilike tye wees, maar wees dapper, want jy weet hoe die verhaal eindig!

Vader, ons bid dat wanneer die gevalle wêreld beproewings bring, U ons oë op Jesus gerig sal hou. Hy is die hoop wat ons instandhou, nie ons eie vaardighede en vermoëns nie. Omdat God 'n liefdevolle Vader is, bring Hy beproewings om ons te leer dat Christus en sy opoffering ons enigste hoop is. Vader, hou aan om ons aanhoudend na die kruis toe te dryf, want wanneer ons beproewings ervaar, weet ons dat ons werklik aan U behoort!

 Hierdie oordenking is verskaf deur Jim Franks van Compassion International, Senior Monitering Spesialis en Kinderadvokaat

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Obedience to the Lord in the Midst of Change

Dit maak nie saak in watter tydperk van die lewe ons ons bevind nie, die Here het ons geroep om Hom gehoorsaam te volg. Hoe kan ons egter op ‘n innemende manier aan die Here gehoorsaam wees te midde van stresvolle, onaangename, spanningsvolle of uitputtende verandering? Hierdie 10-dag oordenking, geskryf deur Compassion International se personeellede, sal jou help om God se roeping vir jou lewe, te midde van uitdagende tye, te hanteer.

More

Ons wil graag Compassion International bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief://www.compassion.com/sponsor_a_child/?referer=602984