Die Pasgafees, die Ongesuurde Brode en die EerstelingsgerfVoorbeeld
CHRISTUS IN DIE PAASFEES
Toe Johannes die Doper Jesus Christus sien, het hy verklaar: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29).
Toe die tyd nader kom dat Jesus Christus moes sterf, het Hy doelbewus Sy program-skedule en persoonlike aktiwiteite gereël rondom die gebeurtenisse wat geasossieer word met die uitkies, voorbereiding en slagting van die paaslam. Op hierdie wyse sou die Jode later daartoe in staat wees om te verstaan wie Hy was – hulle Paaslam. Christus was bestem om gekruisig te word in die presiese maand, op die presiese dag en uur waarop die Jode die paaslammers vir bykans 1 500 jaar tydens hulle PASGA hanteer het.
- Op die 9de Nisan het Jesus Christus na Betanië gegaan (Joh 12:1), en op die 10de Nisan het Hy Jerusalem binnegegaan (Joh 12:12-13).
- Die godsdienstige leiers van Israel het 5 dae lank die Lam van God “ondersoek” deur vrae en kruisondervraging (Matt 21-22).
- Jesus Christus is op 14 Nisan gekruisig. Hy is om 9vm. aan die kruis vasgespyker en het die middag om 3 uur gesterf (Mark 15:25; 33-37).
Die Joodse geskiedskrywer van die 1ste eeu, Josephus, het geskryf dat daar ongeveer 256, 500 lammers in Jerusalem geslag was die jaar toe Jesus Christus gekruisig is. Omdat daar so baie lammers was, was dit vir die Joodse Leviete en priesters nodig om reeds 9 vm. te begin om hulle voor te berei vir die slagting. Toe is hulle om 3 nm. geslag sodat die pasga voltooi kon wees voor 6 nm., wanneer die nuwe dag in aanvang sou neem.
Christus het homself geheel en al oorgegee om die vure van oordeel van God deur te gaan toe Hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het.
Gewoonlik is ‘n gekruisigde se bene net onder die knieë gebreek om die dood, wat voor 6 nm. moes plaasvind, te bespoedig, sodat die liggaam van die kruis afgehaal kon word. Nie een van Jesus Christus se bene was gebreek nie (Joh 19:31-33), alhoewel die twee kwaaddoeners wat saam met Hom gekruisig was se bene gebreek is.
Die lam moes manlik wees, van die skape of bokke, ‘n rammetjie (Ex 12:5). In Jesaja 53:7 is die profesie dat die Messias soos ‘n lam ter slagting gelei sal word. So het Christus die Seun van God, die Lam van God, Sy lewe geoffer. Die bloed van die offerdier het sonde slegs bedek (Heb 10:1-4); Christus se bloed neem sonde heeltemal weg (Heb 10:5-18).
Aangaande hierdie leesplan
Ons kyk in hierdie leesplan na die eerste van die drie heilige byeenkomste of feeste van die Here, wat die Israeliete in elke kalenderjaar moes onderhou.
More
Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/