Die Pasgafees, die Ongesuurde Brode en die EerstelingsgerfVoorbeeld
DIE PASGAFEES, DIE ONGESUURDE BRODE EN DIE EERSTELINGSGERF
Laat ons kyk na die eerste van die drie heilige byeenkomste of feeste van die Here, wat die Israeliete in elke kalenderjaar moes onderhou. Die drie byeenkomste was in die eerste, derde en sewende maand gehou.
- Die eerste: Pasga en die fees van die ongesuurde brode en die eerstelingsgerf (Lev 23:5-6; 10-14; Ex 12:1-20).
- Die tweede: Die fees van die weke (oesfees) – Pinkster (Lev 23:1; Ex 23:16).
- Die derde: Die fees van die trompetgeklank, die Versoendag en die insameling (loofhuttefees) (Lev 23:23-43; Ex 23:16).
Alle Joodse mans moes die drie groot nasionale feesvieringe bywoon soos voorgeskrywe is in Deuteronomium 16:14-17. Ons kyk nou vervolgens na die Pasga van die Here (Ex 12:11).
Die eerste feesseisoen is die Paasfees. Die fees was inderwaarheid in drie feeste verdeel.
- Paasfees (Pasga) (Lev 23:5). “In die eerste maand op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here”.
- Fees van die ongesuurde brode (Lev 23:6). “En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet”.
- Fees van die eerstelinge (Lev 23:10). “Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring”.
Aangaande hierdie leesplan
Ons kyk in hierdie leesplan na die eerste van die drie heilige byeenkomste of feeste van die Here, wat die Israeliete in elke kalenderjaar moes onderhou.
More
Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/