Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Komplimenteer jou huweliksmaat elke dag.
•••
Oorlaai jou huweliksmaat met komplimente. Bou mekaar op in die openbaar en in privaatheid. Laat jou huweliksmaat weet dat jy op hom/haar gefokus is en die beste in hom/haar sien. Dit sal nie net jou gade opbou nie, maar ook dieselfde vir jou doen. Ons is self groot voorstanders van komplimente in ons eie huwelik. Dit voel net goed om gekomplimenteer te word, en ook om iemand anders te komplimenteer. As jy byvoorbeeld wakker word en jy dink dat jou vrou goed lyk, sê dit vir haar. As sy 'n heerlike aandete gekook het, vertel haar hoe lekker dit gesmaak het. As jou vrou iets in julle huis verander wat dit 'n bietjie meer huislik laat lyk, gee haar 'n pluimpie vir haar goeie aanvoeling. As jou man hard werk om vir julle gesin te sorg, sê vir hom hoe dankbaar jy is. As jou huweliksmaat oor integriteit beskik, laat hom weet hoe trots jy op hom is oor daardie eienskap. Komplimente is verkwikkend en ons glo dat jy nooit te veel kan gee nie!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More