Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Wanneer jy jou huweliksmaat seermaak, maak jy ook vir Christus seer.
•••
Dink aan iemand vir wie jy onvoorwaardelik lief is. Hoe sou jy voel as iemand onbeskof of bitsig teenoor daardie persoon is? Nie gelukkig nie, nè? Dit sal jou seker ook seermaak, of hoe? Weet jy dat dit presies is hoe God oor jou huweliksmaat voel? Jou huweliksmaat is sy kind waarmee jy te doen het, en dit maak Hom seer as jou maat seergemaak of verkeerd behandel word. Dit is vir my so 'n groot vorm van aanspreeklikheid in ons huwelik. Ek is so lief vir God dat dit my motiveer om my eggenoot lief te hê en te respekteer, veral as dit 'n keuse is wat ek moet maak in plaas daarvan dat dit 'n natuurlike reaksie is. As die manier waarop jy God liefhet nie die manier verander waarop jy jou lewensmaat liefhet nie, dan wonder ek hoeveel jy enigeen van die twee liefhet. Vra van God dat jy jou gade sal liefhê in eerbied van jou liefde vir Hom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More