Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld

31 Day Marriage Reset

DAG 11 VAN 31

As ek een ding geleer het oor hoe ek met my huweliksmaat oor die weg moet kom, is dit dat Jesus my behandel soos my huweliksmaat deur my behandel wil word. 

•••

Jou huweliksmaat is nie perfek nie, en dit is so belangrik om te besef dat jy ook nie perfek is nie. Dit is maklik om al die kere te vergeet toe jy self drooggemaak het, en nie net die kere toe dit jou huweliksmaat was nie. Daarom is dit so belangrik om in 'n gefrusteerde oomblik die waarde van jou huwelik te onthou en eerste te stel. Staan 'n rukkie stil om te onthou hoe Jesus jou behandel wanneer jy 'n fout maak. Hy raak nie paniekerig, verloor nie beheer of skree nie, Hy verwys jou terug na die kruis en herinner jou daaraan dat Hy jou steeds liefhet. Dit is noodsaaklik vir huweliksmaats om mekaar te vergewe, om te onthou hoeveel ons vergewe is en om die voorbeeld van Jesus in gedagte te hou wanneer ons besluit hoe om ons huweliksmaats te behandel. Vra vir God vir leiding en genade om jou huweliksmaat lief te hê soos dit van jou verwag word. Hy is bereid en in staat daartoe om jou met elke tree te help! 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

31 Day Marriage Reset

Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting.